Wat’s beter as ’n wafel? ’n Whisky toffie-appel wafel natuurlik! Ek speel bietjie met soetgoed die laaste ruk want Marcel’s, Suid-Afrika se gewilde bevrore jogurt mense, het vir my van hulle produkte gestuur om te probeer. Ek’s altyd ’n bok vir enigiets vanielje, maar mens stry nie met die meerderheid nie. Hulle Engelse Toffie bevrore jogurt is by verre hulle gewildste, so dís die een waarop my hand val. Hoe gemaak met ’n koue ding in die middel van die winter? Kontrasteer dit met iets warm!

Ek gryp Granny Smith appels en karameliseer hulle in botter. Ek rooster wafels warm en bros. Om Marcel’s se Engelse Toffie geur te vier maak ek ’n klassieke toffiesous, maar ek gee hom ’n warm winter whisky klap. En ek begin bou aan ’n wafel wat die mond laat water. Warm teen koud, bros teen fluweel, soet teen effe suur – dis ’n fees van kontraste en ’n stoute winter poeding bederf.

Al wat jy nodig het is…

1 koppie (250ml) vars room
¾ koppie Muscovado suiker
¼ koppie gesoute botter
1E whisky
4 Granny Smith appels
2E botter
4 winkel wafels
Engelse Toffie of vanielje bevrore jogurt

Begin deur die toffiesous te maak. Kombineer die room, suiker en kwart koppie botter in ’n klein dikbodem pot. Roer en kook dit oor hoë hitte totdat dit begin verdik – dit neem so 10 minute. Verwyder sous van die hitte en roer die whisky by.

Sny appels in kwarte (of dik snye, nes jy wil) en braai appels in twee eetlepels botter tot goudbruin en sag. Rooster die wafels. Bedek warm wafels met warm appels en gooi toffiesous oor. (Die toffiesous sal aansienlik verdik soos dit afkoel tot kamertemperatuur. As dit te dik na jou smaak raak, verdun dit eenvoudig deur een of twee eetlepels melk in te roer.) Bedien met bevrore jogurt.

    WEN MET MARCEL’S!

My lesers staan ’n kans om ’n geskenkpak Marcel’s ‘goodies’ te wen! In dit sal jy drie liter verskillende geure Marcel’s jogurt kry, plus ‘brownies’, wafels en allerhande soet goetertjies vir die oorstrooi. Besoek eenvoudig my Faceboek blad, volg die instruksies en jy’s in! Kompetisie sluit 30 Junie.

bedien

4

vooraf

10 min

kook

20 min

Gehou van die resep? Deel dit!

scroll-main

Ook beskikbaar in: English