Kers-patee met haselneut, salie en brandewyn

2022-08-18T12:16:37+02:00Dinsdag, 9 Desember 2014| Knagerig|Tags: , , |

Daar’s min goed so veelsydig as ’n ordentlike varkworsie. Nie net bedoel vir ontbyt saam met eier en spek nie, hulle’s eintlik my gunsteling vir aandete. Dink broodrolletjies met varkworsies, uie-marmelade en hope outydse soet mosterd. Dink kapokaartappels met uie-sous en ertjies. Dink worsies in ’n slap-deeg kombers. En dan’s daar natuurlik eindelose moontlikhede vir wors verander in ’n heeltemalle [...]

Comments Off on Kers-patee met haselneut, salie en brandewyn

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

2022-08-18T12:15:24+02:00Vrydag, 10 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie. Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm [...]

Geroosterde vark lendeskyf

2022-08-18T12:13:38+02:00Donderdag, 27 Maart 2014| Aandete|Tags: , , , |

Ek spandeer heelwat tyd aan’t wonder oor onbenullige dinge. Soos watter vee ek saam met my sal verkies as ek in ’n skeepswrak is en Robinson Crusoe-styl myself aan die lewe moet hou. Vark is die antwoord. Ek kan aan min dinge dink wat meer veelsydig is. Dink spek, Duitse wors, Coppa, Prosciutto en Chourico. En dan natuurlik my gunsteling [...]

parmesaan-en-roosmaryn schnitzel

2022-08-18T12:13:25+02:00Donderdag, 20 Februarie 2014| Aandete|Tags: , |

Ek’s een van daai mense wat in ander se mandjies loer as ek in ’n supermark se tou staan. Ek doen dit nou nie openlik nie, dit sal ‘weird’ wees. Maar so onderlangs en skelmpies kyk ek nogal wat ander koop. Ek is seker ek’s nie die enigste een wat dit doen nie, en ek dink nie jy kan my [...]

Rokerige bone

2022-08-18T12:12:53+02:00Vrydag, 24 Januarie 2014| Aandete|Tags: , , |

Partykeer gee die lewe mens ’n klap of twee. Dissie lekker nie, maar dis onvermydelik. Met sulke tye soek ek trooskos. Ek sluit die voordeur agter my toe, trek my verflenterde sweetpakbroek aan en vaar die kombuis in. Bone op roosterbrood is ’n gunsteling as ek bietjie broos voel. Maar nie daai lelike tamatiegemors wat jy in ’n blik koop [...]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

2022-08-18T12:06:36+02:00Vrydag, 6 September 2013| Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar gerooster [...]

Go to Top