Bosvark-en-porcini lasagne

2022-08-18T12:08:31+02:00Vrydag, 17 Augustus 2018| Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met die effe meer [...]

5-spesery varkribbetjie vir die braai

2022-08-18T12:24:30+02:00Dinsdag, 4 April 2017| Aandete|Tags: , |

Daar’s net een ding wat varkribbetjie (spare ribs) op die braai ore aansit – en dis lamsribbetjie op die braai. Maar mens, jy kan nou nie aldag en heeldag lam sit en eet nie. Jou dokter sal gevaarlik frons. My ideale braai varkribbetjie is sappig en val-van-die-been af sag, maar terselfdertyd rokerig en parmantig geskroei buite. Loop sit jy rou [...]

Varkskenkel-ragu met witwyn en vinkel

2022-08-18T12:24:05+02:00Vrydag, 10 Februarie 2017| Aandete|Tags: , |

Ek’s gewoond dat my hart vinniger klop in supermarkte. In die verlede was dit oor ek kinderlik opgewonde raak in die teenwoordigheid van mooi bestanddele. Deesdae is dit ongelukkig daai mooi dinge se pryse wat my palpitasies gee. My kop draai skoon soos my rande by die week minder rek. Eet moet mens, so goedkoper resepte wat meer mense voer [...]

5 wenmaniere met gevlokte vark (pulled pork)

2022-08-18T11:54:34+02:00Donderdag, 11 Augustus 2016| Aandete|Tags: |

Soms sukkel resep skryf in Afrikaans. Hoe dan nou gemaak met ‘pulled pork’? Jy kannie sê ‘getrek’ soos in getrekte vark nie. Dan klink dit half die dier het te diep in die bottel gekyk. Gepluis? Gevlok? Nie een laat my mond water nie. So in my huis is hierdie manier van vark kook ‘pulled pork’ en die taalpuriste moet [...]

Rooikool-en-appelslaai met warm esdoring-vinaigrette

2022-08-18T11:55:26+02:00Donderdag, 7 Julie 2016| Slaai|Tags: |

Iets is nie noodwendig ’n wonderlike idee net omdat baie mense dit doen nie. Vat ‘tanning’. Ja ek gebruik die Engels, want as tiener was ’n tên opsluit wat ek wou hê. Ek en my pêlle het ons dik gesmeer van die Johnson’s baba olie. Dít of olyfolie. En dan het ons vir ure kaal en bleek-pienkwit in die genadelose [...]

Een-dis herfsgroente-en-wors oondgebak

2022-08-18T12:00:43+02:00Donderdag, 12 Maart 2015| Aandete|Tags: , , |

Ons het miskien laas week die warmste dag in ’n honderd jaar hier in die Kaap gehad, maar somer is definitief oppad uit. Die oggende hier begin nou ’n vars byt kry, wat my laat snuffel vir ’n ‘jersey’. Ek het hoeka my oog op warm trooskos – osstert, melkkos, souskluitjies, pastei… Daar is darem iets om te sê vir [...]

Go to Top