Hollandaise sous – 3 maklike metodes en almal werk!

2022-08-18T11:55:51+02:00Woensdag, 22 Junie 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Sê hollandaise en menige skrik hulle asvaal. Want die gogga-maak-vir-baba-bang stories oor die puntenerigheid van hollandaise en sy ander Franse neef, béarnaise, loop dik. En dis sommer bog, want volg jy drie basiese reëls is kanse goed jy kry dit reg keer op keer. Hier’s hulle: 1: LAE HITTE POP. Want sien hoë hitte + eiergeel = roereier. En dis [...]

Suurlemoen-bloubessie roomys

2022-08-18T12:28:05+02:00Maandag, 8 Februarie 2016| Lekkerbek|Tags: , , |

Die kraaie gaap hier in die Kaap. Met die kwik die laaste paar weke te dikwels aan die verkeerde kant van dertig is dinge lelik aan’t huise van Melkkos & Merlot, want sien ’n swembad die het ons nie. Dan’s daar net een genade – semi kaalbas onder die sproeier in die agterplaas. Gelukkig (miskien meer so vir my bure [...]

‘Whiskey sour’ skemerkelkie

2022-08-19T21:46:57+02:00Donderdag, 12 November 2015| Drankies|Tags: |

Name vol beloftes soos ‘Sex on the beach’ nieteenstaande, is ek nie veel van ’n skemerkelkie pop nie. Om die waarheid te sê is my kennis van skemerkelkies en hulle harde hout bestanddele op dieselfde vlak as No. 1 se kennis van belansstate en begrotings wat klop. Indrukwekkend vir al die verkeerde redes. Tot onlangs toe aldus, toe ’n wonderlike [...]

suurlemoen-roomys

2022-08-18T12:11:53+02:00Donderdag, 2 Oktober 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Die sielkunde van bemarking is redelik eenvoudig. Gee my ’n ‘deal’ en ek’s daar soos ’n brommer by ’n piekniek. Meeste van ons is seker maar so. ‘Spaar’ is goed, ‘halfprys’ beter en ‘gratis’ fantasties. Maar my gunsteling is sekerlik ‘NUUT’. Slat ’n stickertjie met dié woord op ’n bottel of ’n boks en dat ek hom gaan koop is [...]

Heel hoender op die braai

2022-08-18T12:12:00+02:00Dinsdag, 23 September 2014| Aandete|Tags: , , |

Kyk as dit by braai kom is ek net so lief vir tjop-’n-dop soos die volgende ou. Maar hier’s die ding – mens kan nou nie juis sê dis elegant nie. En ’n vrou het darem ’n reputasie. So as ek mense vir ’n braai oornooi gooi ek altyd iets groots op die kole. Soos my lamsboud provol Mediterreense geure. [...]

Go to Top