Griekse suurlemoen-hoender

2022-01-12T13:47:07+02:00Woensdag, 12 Januarie 2022| Aandete|Tags: , |

Vra my oor my top-5 gunsteling maaltye ooit en ek dink overmydelik aan my middagete op ’n piepklein Griekse eiland in die middel van nerens. Ons het anker uitgegooi en ’n paar meter gedrentel na ’n restaurant met net drie tafels. Terwyl ons aan yskoue Griekse witwyn teug, hou ons ’n seuntjie dop wat vis vang, sommer net daar langs [...]

Suurlemoen ‘posset’

2020-10-02T11:16:43+02:00Woensdag, 8 Julie 2020| Lekkerbek|Tags: |

’n ‘Posset’ is nie ’n Afrikaanse ding nie. Dis ’n Engelse ding, en nie ’n Suid-Afrikaanse Engelse ding nie verstaan. Nee, hierdie is ’n Ingelse-Ingelse ding. My woordeboek vertaal ‘posset’ as ‘gekruide melk’. Afrikaanse woorde het ’n raakvat manier aan hulle, maar hierdie beskrywing is vir my die pad erg duister. Want daar is nie ’n krui in sig nie, [...]

Franse fyngebak – perfekte Madeleines

2022-08-18T11:47:22+02:00Donderdag, 25 Mei 2017| Bak, Lekkerbek|Tags: |

My stilte die afgelope paar weke is oorverdowend. My gesig is rooi, want mense skryf en vra “hoe dan nou”? My enigste verskoning is dat ek woes besig was – met resep ontwikkeling, kos mooimaak en kiekies neem. ’n Pop moet ongelukkig werk vir ’n lewe. En na al die woekery vat ek die pad Kwa-Zulu toe vir ’n week [...]

Gerookte salm patee

2022-08-18T12:24:21+02:00Maandag, 27 Maart 2017| Knagerig|Tags: , |

Sjampanje-smaak en ’n bier-begroting… Dis my grootste kombuis-penarie. Vat nou maar gerookte salm. Ag jetejie, ek vrek daaroor. Eet ek dit? Haikôna. Dis sjampanje-begroting kos daai. Ek moet tevrede wees met die gerookte salm ‘off-cuts’. Daai stukkies wat oor is as hulle die grênd gerookte salm klaar verpak het. Maar ek kla nie. Salm is salm en die oorskiet is [...]

Bruin rys slaai met ment, feta en beet

2022-08-18T11:54:48+02:00Donderdag, 28 Julie 2016| Slaai|Tags: , , |

Pienk krullers onder elke bed. Wit, wollerige pyp-skoonmakers in elke hoek. Tafeltennis balle onder elke bank… Dis hoe dit gaan as jy ’n katkind het want speel moet hulle. Die vloere’s hout, die lawaai indrukwekkend, die opgewondenheid buitensporig. Ek verstaan sulke baldadigheid. Ek voel ook so. Natuurlik nie oor krullers nie, dit sal weird wees. Oor kos. Gee my bestanddele om [...]

Go to Top