Sampioen-pasta met spek krummels

2022-08-18T12:16:05+02:00Woensdag, 19 November 2014| Aandete|Tags: , , |

Ek’s dol oor pasta – en daarom bestel ek dit nooit, ooit in ’n restaurant nie. Hoekom nie? Want nege keer uit tien foeter hulle dit op. En ek’s nou moeg daarvoor om te betaal vir iets wat ek ’n honderd keer beter self kan maak. Ordentlike pasta vat nie veel nie… Pasta gekook tot dit net-net al dente is, [...]

Spek-en-eier burger

2022-08-19T22:34:39+02:00Vrydag, 11 Julie 2014| Aandete|Tags: , , , |

Spek kom van vark af. Dis wat ek jare lank geglo het – tot bedagsame vegetariese pêlle van my uitgewys het dat dit eintlik die vrug van die Porcus Excellentia boom is. Dat ek nou vir só lank só verkeerd kon wees. Ek kannie sê ek blameer hulle nie, spek is darem ’n wonderlike ding. As ek vegetaries was sou [...]

Kaas-en-spek soufflé

2022-08-18T12:04:45+02:00Donderdag, 5 Desember 2013| Aandete|Tags: , , |

Soufflé is ’n vloekwoord. Ek’t ’n bietjie rondgevra onder my vriende en almal’s dit eens – hulle’s so bang vir soufflé maak as vir ’n oudit deur Jan Taks. Amper so bang as vir ’n nag in ’n sel saam met ’n spul brekers met behoorlike ‘tattoos’ en onbehoorlike bedoelings. Ek was nog nooit in die tronk nie, maar [...]

Sondagaand Spek en Eiers

2022-08-18T12:05:34+02:00Donderdag, 3 Oktober 2013| Aandete|Tags: , |

Ek verstaan nie mense wat elke liewe dag met ’n huppel en ’n lied in die hart groet nie. Ek beny hulle. Maar ek verstaan hulle nie. Kyk, Maandag is nie my gunsteling dag nie. Die blote gedagte dat hy voorlê maak my sommer grommerig – gewoonlik so hier van vieruur af op ’n Sondagmiddag. Hierdie Maandag-storie van my het [...]

rokerige spek en ertjiesop

2022-08-18T12:07:12+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Sop|Tags: , |

Merlot of ek? As dit kom by wie die Kaapse winter die meeste haat, is daar stewige kompetisie tussen die twee van ons. Maar aangesien sy buite in die reën haar ‘ding’ moet loop doen, is Merlot seker die wenner. (Nogal verbasend hoe vinnig ‘n kat kan wees as sy moet.) Sy soek haar troos in my arms. Ek [...]

Go to Top