Bordelaise – die beste Franse rooiwyn-sous vir biefstuk

2022-08-18T12:23:48+02:00Maandag, 30 Januarie 2017| Aandete, Basiese resepte|Tags: , , |

As jy net effe ernstig is oor lekker eet, is Bordelaise-sous ’n móét in jou resepboekie. Hierdie klassieke rooiwyn-sous is ’n 10-uit-10 wenner met biefstuk. Soos dit blyk uit die naam, is Bordelaise-sous afkomstig van die Bordeaux-streek in Frankryk. En soos meestal die geval met klassieke disse wat ’n ver pad kom, is daar menige resep vir Bordelaise. Sommiges het [...]

Hoender, prei en sampioen burger

2022-08-19T19:21:15+02:00Dinsdag, 1 September 2015| Aandete|Tags: , , |

Afrikaans is ’n wonderskone taal, maar daar’s ’n paar woorde wat my nie aanstaan nie. ‘Prei’ is een van hulle. Klink soos ’n mediese kondisie – soos in “my preie jeuk van laasweek al af vreeslik dokter, seker maar die drinkery”. Sien wat ek bedoel? Horribale woord. Gelukkig proe hulle beter as wat hulle klink. Preie (‘leeks’) behoort aan dieselfde [...]

Kruie-sampioene op parmesaan-polenta

2022-08-19T17:35:21+02:00Maandag, 11 Mei 2015| Aandete|Tags: , |

My ma was ’n tegemoedkomende kok. Sy’t ons altyd drié keuses vir ontbyt gegee. Krummelpap, stywepap of slappap. Solank daar genoeg melk en suiker was, was ons min gepla. Behalwe een jaar, en ek praat nou van donkiejare terug. Want sien, daar het ’n groot droogte oor land gekom. Of ons’t vergeet om te plant. Of groot mieliemolle het alles [...]

Sampioen-pasta met spek krummels

2022-08-18T12:16:05+02:00Woensdag, 19 November 2014| Aandete|Tags: , , |

Ek’s dol oor pasta – en daarom bestel ek dit nooit, ooit in ’n restaurant nie. Hoekom nie? Want nege keer uit tien foeter hulle dit op. En ek’s nou moeg daarvoor om te betaal vir iets wat ek ’n honderd keer beter self kan maak. Ordentlike pasta vat nie veel nie… Pasta gekook tot dit net-net al dente is, [...]

Hoender in Witwyn

2022-08-19T22:35:27+02:00Donderdag, 5 Junie 2014| Aandete|Tags: , |

Op ’n koue, nat wintersaand is daar net drie goed waarvan ek wil weet – warm mamma-kos, ’n glas wyn en my ‘passion-killer’ pienk hasie-pantoffels. Ek’t seker ’n paar ‘airs’ en ‘graces’, want ek dink nie dis OK om in my pantoffels uit te gaan nie. As ’n uitnodiging vir ’n ding wat in die aand gebeur dus my kant [...]

Go to Top