Sampioen-risotto met salie-bruinbotter

2022-08-18T11:26:26+02:00Maandag, 2 Maart 2020| Aandete|Tags: |

Wel mense, sedert gister is dit amptelik herfs. Ek weet die kraaie gaap nog van die warm, veral in die noorde. Maar die oggendluggie hier in Kaapstad het nou ’n besliste byt. Ek’s nie jammer nie. Maart en April is my absolute gunsteling tyd van die jaar. Daar’s steeds wonderlike somervrugte soos druiwe, plus plompe herfs bederwe soos diep pers [...]

Bief stroganoff – met amper alles uit ‘n blik!

2022-08-18T11:26:59+02:00Woensdag, 31 Julie 2019| Aandete|Tags: |

Wonderlike wyne vir die proe kom klop gereeld aan my deur. Soos laasweek, toe Vondeling van die Voor-Paardeberg kom hallo sê. In die boks? Hulle premium Rhône-styl rooiwyn, Monsonia. Maar dis nie al nie. Snoesig langs die wyn lê daar ’n ui, knoffel, suurlemoen, ’n blik sampioene en ’n blik room, plus ’n reseptekaart vir daai gastronomiese ikoon van die [...]

Varktjops met sampioene en sider-roomsous

2022-08-18T11:33:18+02:00Woensdag, 24 April 2019| Aandete|Tags: , |

Hier van laas week af het herfs sy stem lekker dik begin maak hier in die Kaap. Die oggendlug het ’n vris byt, elke drie dae hark ek ’n hele swart sak vol eiekeblare op, en Merlot bou verwoed aan haar sagte winterpels. Sy begin soos ’n een van daai duur gewkilte pofferbaadjies lyk, veral as mens haar so van [...]

Sampioensop met truffel-en-parmesaan roosterbroodjies

2022-08-18T12:09:39+02:00Vrydag, 2 Maart 2018| Sop|Tags: |

Wel mense, dis amptelik herfs. En niks kan my blyer maak nie want vroegherfs is my gunsteling, gunsteling tyd van die jaar. Die dae is steeds luiwarm, maar die oggende begin ’n onmiskenbare vars byt kry. So perfek. Die winkels is steeds vol van die somer se beste, plus daar’s nuwe-seisoen gunstelinge soos plompe pers vye en granate wat begin [...]

Luukse sampioen-mozzarella pan roosterbroodjie

2022-08-18T11:46:50+02:00Vrydag, 23 Junie 2017| Knagerig|Tags: , |

Ek’t bietjie gedink oor hierdie saak en besluit aan die einde van die dag kan jy mense wat kook in twee kategorieë verdeel. In die een groep dié met netjiese kaste en woes georganiseerde yskaste. Hulle’t aandele in Tupperware met alles ‘colour coded’ – soort-by-soort bymekaar, in nette rye soos kadette op parade. En dan’s daar die ander lot... Dié [...]

Go to Top