Aan tafel: Met Du Toitskloof Chardonnay en my vark-en-vinkel Bolognese

2021-02-11T10:19:04+02:00Donderdag, 11 Februarie 2021| Aandete|Tags: , |

Kyk ek gaan nie jok nie – 2020 was nie my jaar nie. Te veel tyd op die rusbank in jou sweetpakbroek en pantoffels terwyl jy droëbek mor oor die soveelste wynverbod neig half om mens se battery pap te maak. Maar ek’s terug met ’n Nuwejaar huppel in die stap en woes aan’t resep ontwikkel. Spaghetti Bolognese is [...]

Bosvark-en-porcini lasagne

2022-08-18T12:08:31+02:00Vrydag, 17 Augustus 2018| Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met die effe meer [...]

Bief-stroganoff frikadelle met pasta

2022-08-18T11:44:58+02:00Dinsdag, 21 November 2017| Aandete|Tags: , |

Bief-stroganoff frikadelle vir rys of pasta... Ja ek weet dit klink bitter eienaardig, maar gee kans. Want sien, dié is die tipe dis wat ouma sou gemaak het. Dis nou die semi-Italiaanse ‘dorp’ ouma wat met ’n boer loop trou en op ’n Hoëveldse plaas opgeland het. Sy’t niks gemors nie – dit was seker die depressie gevolg deur ’n [...]

Osstert-ragu met saffraan-linguine

2022-08-18T11:45:58+02:00Dinsdag, 22 Augustus 2017| Aandete|Tags: , , |

Osstert is vir my pure fees, min dinge klou so goed aan die ribbe op ’n koue wintersaand. As kind op die plaas was dit gereeld op die tafel. Ons het koeie gehad so osstert was daar baie, maar ek het steeds gewens elke dier het agt gehad. Deesdae moet ek ongelukkig soos meeste ander maak en die pad winkel [...]

Go to Top