Polpette in parmesaan-roomsous

2022-08-18T12:10:17+02:00Donderdag, 3 November 2016| Aandete|Tags: , , |

Polpette. Dis wat die Italianers klein frikkadelle noem. Vir my is ’n frikkadel by uitstek Boerekos en het baie spesifieke speserye nodig. So ek noem hierdie gewis polpette, en nié frikkadel nie. Daar’s soveel polpette resepte as dae in die jaar. Sommige Italiaanse mammas sit kruie en knoffel by, sommige rissie. Ander hou dit eenvoudig met net neutmuskaat en swartpeper. [...]

Outydse frikkadelle, nes ouma s’n

2022-08-19T22:07:49+02:00Dinsdag, 31 Mei 2016| Aandete|Tags: , , |

Frikkadel, die woord kom kwansuis van die Franse ‘fricadelle’. Al wat ek weet is dis Boerekos by uitstek. Die kos van my kindwees. Laat ons mekaar mooi verstaan, ’n frikkadel is nie net ’n bol maalvleis met enigiets bygevoeg en op enige manier gekook nie. Nee, vir dit om frikkadel te wees in my boek, móét hy wees soos ouma [...]

Hamburger met jalapeno en guacamole

2022-08-18T11:56:42+02:00Donderdag, 21 April 2016| Aandete|Tags: , , |

Kook jy hom reg is ’n hamburger ’n wonderbare ding. Dis goedkoop, maklik en vinnig. Beste van als? Dis gesond. Nou voor julle almal frons en strenge kitskos vingers in my rigting wys, laat ek vinnig byvoeg ’n hamburger is gesond MITS jy hom self maak en weet wat’s in hom. Gebruik goeie gehalte laevet bees-maalvleis en jy het nie [...]

Bobotie bakkies

2022-08-23T09:53:24+02:00Dinsdag, 28 Julie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Keelvol. Dis so lieflike woord, en in meeste situasies van moedeloosheid heel gepas. Maar laasweek was ek genoop om sy oortreffende trap boetie – g*tvol – te gebruik. Want sien, daar was ‘load shedding’. Dis nie soveel van ’n probleem nie, ek weet mos dit kom en slim ekke het belê in ’n gasstoof. Maar toe die gas in die [...]

Bobotie-samoosas met appelkoos-doopsous

2022-08-18T12:02:23+02:00Woensdag, 6 Augustus 2014| Knagerig|Tags: , , |

Ek dink bobotie’s bietjie soos opera – mense het sterk gevoelens daaroor. Hulle lief dit of hulle haat dit, met niks plek tussenin vir ’n onseker draadsittery nie. Ek’s in die ‘lief vir’ kamp – vir bobotie én vir opera. As kind was bobotie ’n regte okkasie kos – bedien op verjaarsdae, Sondae en (bitter eienaardig as jy my vra) [...]

Go to Top