Ouma se groenboonbredie… met ‘n moderne kinkel

2022-08-18T11:55:16+02:00Donderdag, 14 Julie 2016| Aandete|Tags: , , , |

Groenboonbredie – dis hartskos, onthoukos, sielskos en perfek vir koue wintersaande. Nes ouma s’n, geur ek myne met neutmuskaat en daai moet-hê boerekos bestanddeel, kruienaeltjies. Maar die smaak is dieper en ryker as vele ander resepte want in plaas van olie gebruik ek varkvet om die vleis bruin te braai. Wat anders is anders? Ek hou my bone heel want [...]

Beesskenkel chilli con carne

2022-08-18T11:57:35+02:00Woensdag, 16 Maart 2016| Aandete|Tags: , , |

Chilli con carne – as jy Wikipedia kan glo (en dis ’n groot AS), kan jy die oorsprong van hierdie dis loop uitgrawe al die pad terug in die Texas van 1850. So gewild is chilli con carne in dié suidelike staat dat hulle wetgewer blykbaar in 1977 dit Texas se amptelike dis verklaar het. Ek kan my nie indink [...]

Osstert tamatie bredie met gnocchi

2022-08-18T11:58:38+02:00Vrydag, 19 Junie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Toe ZZ2 onlangs ’n pakkie geheime 'goodies' kom aflewer met die uitdaging om ’n unieke resep met ten minste twee van hulle produkte te maak, was ek dadelik bok, veral toe ek die tamaties sien. Min dinge is meer veelsydig as ’n tamatie. Gebruik dit as basis vir fênsie bone op brosbrood. Maak ’n blitsvinnige sop soos my rokerige tamatie [...]

Bees-en-boon bredie met rooiwyn

2022-08-18T12:00:30+02:00Donderdag, 19 Maart 2015| Aandete|Tags: , , , |

Katte is eienaardige wesens. As dit kom by selfbehep is hulle wêreldkampioene. Ek ken heelwat sulke mense ook, dissie mooi nie. Maar in katte vind ek dit nie net aanvaarbaar nie, ek dink dis half oulik. As my vier-voet kind my dus nie meer nie koue skouer gee nie maar kom snuffel vir drukkies in die vroeë oggendure, verstaan ek [...]

Bief-en-Guinness bredie met kruie-kluitjies

2022-08-18T12:01:43+02:00Donderdag, 21 Augustus 2014| Aandete|Tags: , , |

Dinge werk nie altyd uit soos beplan nie. Vat laas naweek. Ek dink nou al hoeka aan pastei maak – sagte bees lank gekook in donker Guinness-bier tot dit smelt in die mond, knus weggesteek onder ’n pasteikors sondig van die botter. Die bottel Guinness lê al vir meer as ’n maand in my yskas en ek besluit kyk hiérdie [...]

kortrib en rooiwyn bredie

2022-08-18T12:06:52+02:00Vrydag, 23 Augustus 2013| Aandete|Tags: , , |

Kyk, ek is lief vir bees, sommer die hele dier. Maar daar is ’n paar dele wat my tone laat krul van die lekker. Beesstert is een. Die ander een is kortrib (shortrib). Hierdie is nie ’n by-die-huis-sesuur, eet-halfsewe nommer nie. Soos beesstert, het hy ’n paar ure in die oond nodig. Ek maak hom op lui Saterdagmiddae as die [...]

Go to Top