Geroosterde bees onder ‘n sesam kombers

2022-08-18T12:20:25+02:00Vrydag, 29 Januarie 2016| Aandete|Tags: , |

Ek’s met egskeiding gedreig hier aan die einde van laas jaar, nie net een keer nie maar sommer 25 keer. Want sien ek het meer mans lesers as wat ek besef het. En met die dat ek hier oor die feesseisoen vreeslik met die soetgoed resepte doenig was het hulle nie gedink ek’s snaaks nie. Ek erken ek’t lanklaas ’n [...]

Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

2022-08-18T12:20:16+02:00Donderdag, 14 Januarie 2016| Slaai|Tags: , , |

Week twee van geen stysel en dit gaan sommer baie goed. Ek's mal daaroor. Miskien omdat ek my in die laaste sewe dae vergryp het aan soesjie (erm, rys), ’n vark-en-vinkel burger (erm, brood), en ’n parmantige klein kreefpasta wat ek opgetower het met die laaste van my super geheime kreef ‘stash’ in die agterste hoek van my derde vrieskaslaai. [...]

Comments Off on Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

Beesflank op die braai

2022-08-19T22:10:04+02:00Dinsdag, 22 September 2015| Aandete|Tags: , , , |

Erfenisdag wink en die ganse land het kole en vleis op die brein. Afgesien van boerewors, is bees nie my gunsteling dier om te braai nie. Dis nie dat ek ’n ding teen bees het nie, maar ek dink daar is ander kookmetodes wat beter resultate gee as braai. Prys het ook heelwat daarmee te doen. Teen R140+ vir ‘rump’, [...]

Hoender-caesar braaibroodjies

2022-08-18T12:15:39+02:00Woensdag, 22 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , , |

Kyk as ’n resep so honderd jaar of wat al die rondtes doen, is dit gewoonlik met goeie rede. Dis lekker. Nuwe resepte optower is vet pret, maar mens gooi nie die baba met die badwater uit nie. Ou resepte hóórt in elke moderne kok se repertoire. Resepte soos Crepes Suzette, Beef Wellington, Dauphinoise en… Caesar-slaai – daai hemelse kombinasie [...]

Heel hoender op die braai

2022-08-18T12:12:00+02:00Dinsdag, 23 September 2014| Aandete|Tags: , , |

Kyk as dit by braai kom is ek net so lief vir tjop-’n-dop soos die volgende ou. Maar hier’s die ding – mens kan nou nie juis sê dis elegant nie. En ’n vrou het darem ’n reputasie. So as ek mense vir ’n braai oornooi gooi ek altyd iets groots op die kole. Soos my lamsboud provol Mediterreense geure. [...]

Gebraaide murgpampoentjie-slaai

2022-08-18T12:12:18+02:00Woensdag, 17 September 2014| Slaai|Tags: , |

Nog net 7 slapies voor my gunsteling nasionale dag – Braaidag! Nou ek weet om dit Nasionale Braaidag te noem is soos om ’n seerkop stoetbul met ’n rooi doek te tart. Heelwat politici vererg hulle sommer gruwelik. Gelukkig steur ek my min aan wat hulle dink. Braai is my erfenis en op 24 September steek ek die vure aan. [...]

Go to Top