Balsamiek-appelkoos varknek sosaties

2021-03-10T12:40:44+02:00Woensdag, 10 Maart 2021| Aandete|Tags: , |

Die oggende het ’n besliste byt in die lug. Waar ek ’n maand gelede sesuur die pad kon vat vir my oggend drafstap moet ek nou wag tot 6:30 vir die son om lui-lui kop uit te steek. Die eekhorings maak verwoed neute bymekaar en blajaar uitbundig in my tuin. Blykbaar is my roosbedding net die plek om hulle [...]

’n Braaibroodjie met houding

2022-08-18T11:46:15+02:00Vrydag, 29 September 2017| Knagerig|Tags: , |

Braaidag was bietjie van ’n flop in my geweste. Triestige wolke en wind met ’n geniepsige byt is nie my idee van ideale braaiweer nie. ’n Vuur het ek weliswaar gemaak ja – in my kaggel in die sitkamer. Teen die tweede glas rooiwyn het ek nie meer soveel omgegee nie. Gelukkig lê ’n hele somer voor, met hope kans [...]

5-spesery varkribbetjie vir die braai

2022-08-18T12:24:30+02:00Dinsdag, 4 April 2017| Aandete|Tags: , |

Daar’s net een ding wat varkribbetjie (spare ribs) op die braai ore aansit – en dis lamsribbetjie op die braai. Maar mens, jy kan nou nie aldag en heeldag lam sit en eet nie. Jou dokter sal gevaarlik frons. My ideale braai varkribbetjie is sappig en val-van-die-been af sag, maar terselfdertyd rokerig en parmantig geskroei buite. Loop sit jy rou [...]

Roosmaryn-lamtjops met salsa verde

2022-08-18T12:10:26+02:00Dinsdag, 18 Oktober 2016| Aandete|Tags: , |

Salsa verde, of soos die Franse dit noem sauce vert, klink vreeslik fênsie. Dit is, op die regte manier – fênsie op die tong maar min moeite om te maak. Salsa verde beteken eintlik net groen sous. Dis ’n rou spul, niks gesukkel met potte en panne nie. Daar’s tonne resepte vir salsa verde en hulle almal het een ding [...]

Tequila plathoender op die braai

2022-08-18T12:21:23+02:00Donderdag, 8 September 2016| Aandete|Tags: , , |

“Hoender is ’n vegetable.” Dís hoe meeste mans wat ek ken voel. Sit ’n hoender voor en skielik is hulle steeks. Soos ’n driejarige wat hoesgoed moet drink. Ek dink dis ’n Afrikaanse ding. In Meksiko is die mans tawwer. Daar verorber hulle Pollo Asado op straathoeke by die tonvol. Nee, ek vloek nie. Dis wat hulle plathoender op die [...]

chakalaka lekker, chakalaka maklik!

2022-08-18T11:56:13+02:00Maandag, 23 Mei 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Chakalaka. Dit rol uitbundig op die tong, soveel pret om te sê as om te eet. Ek het nie grootgeword met chakalaka nie. Haikôna, daarvoor was ons hopeloos te kos-konserwatief. In ons huis het braaipap ’n gewone tamatie-en-uie sous gekry. En dis hoe jy aan chakalaka kan dink – ’n braaipap tamatie-en-uie sous met tonne houding. Want sien hierdie parmant [...]

Go to Top