’n Braaibroodjie met houding

2022-08-18T11:46:15+02:00Vrydag, 29 September 2017| Knagerig|Tags: , |

Braaidag was bietjie van ’n flop in my geweste. Triestige wolke en wind met ’n geniepsige byt is nie my idee van ideale braaiweer nie. ’n Vuur het ek weliswaar gemaak ja – in my kaggel in die sitkamer. Teen die tweede glas rooiwyn het ek nie meer soveel omgegee nie. Gelukkig lê ’n hele somer voor, met hope kans [...]

Outydse sagopoeding

2022-08-18T11:45:52+02:00Donderdag, 3 Augustus 2017| Lekkerbek|Tags: , |

Ek’s altyd bitter beïndruk as ek ’n vierjarige kleinding teëkom wat kan lees. En deesdae kan hulle almal. Want sien my ma het nie met die alfabet gebodder nie. Die lees het sy vir die Graad-1 juffrou gelos. Maar ma het nie teruggestaan met my dogtertjie opvoeding nie. Nee-a, sy’t haar bes probeer om die vierjarige ekke te leer hekel. [...]

Paas-plaatkoekies

2022-08-18T11:46:59+02:00Woensdag, 12 April 2017| Knagerig, Lekkerbek, Ontbyt|Tags: |

Dis Pase mense, jenetjie heit waar gaan die tyd? Ek voel dieselfde oor Vader Tyd se snelle pas as oor my skaal die paar keer ’n jaar wat ek bodder om op hom te klim – verbaas. Verbaas of nie, April is dit nou en iets Pase-geïnspireer om aan te knabbel is gepas. Kos moet altyd lekker wees, maar soms [...]

Framboos-bazaarpoeding

2022-08-18T12:23:31+02:00Maandag, 9 Januarie 2017| Lekkerbek|Tags: |

Kerkbazaar was ’n kalender hoogtepunt toe ek kind was. Soveel om na uit te sien. Pannekoek, nuwe klere vir my fake Barbie (’n regte een was te duur), gehekelde booties vir my fake First Love pop (fake vir dieselfde rede as die Barbie), flou kerrie en rys… En dan was daar die dag se kulinêre hoogtepunt – bazaarpoeding. Dat jellie [...]

Outydse lewerkoekies

2022-08-18T12:23:22+02:00Woensdag, 14 Desember 2016| Aandete|Tags: , |

Daar’s onvermydelik dinge uit mens se kindertyd wat ’n paar littekens laat. Hoog op my kindertyd-trauma lys was lewerkoekies. Ma het dit ten minste elke tweede week gemaak. Oor Pa daarvan gehou het. En oor dit goedkoop was. Op lewerkoekie-dae het ek reeds by die voorhek geweet wat my voorland was. Die enigste ding erger was viskoekie-dae. Die een gemaak [...]

Soet potbrood

2022-08-18T12:23:14+02:00Vrydag, 2 Desember 2016| Bak|Tags: |

Potbrood is so Suid-Afrikaans as Boeremusiek en biltong. Hierdie resep vir ’n soet potbrood is so eenvoudig mens kan dit nie juis ’n resep noem nie. Dis ook nie my 'resep' nie – soveel mense ken dit, hierdie knaap is volksbesit. As hierdie soet potbrood nog nie in jou Boerekos repertoire is nie, hier is hy. Al wat jy nodig het is... 2E [...]

Go to Top