Kortrib Tamatiebredie

2021-06-14T14:16:07+02:00Maandag, 14 Junie 2021| Aandete|Tags: , |

Wat maak ’n tamatiebredie die ware Jakob? Dis alles in die geurmiddels. Kyk, jy kan vleis en tamaties in ’n pot gooi en dit ’n bredie noem. Maar as jy dit tamatiebredie of tamatiekos wil noem het jy kruienaeltjies nodig! En kardamom. En pypkaneel, gemmer en lourier! Soos Dine van Zyl doen in haar tamatiekos resep in haar wonderlike [...]

Sjokolade-fudge

2022-08-18T11:31:57+02:00Maandag, 8 April 2019| Lekkerbek|Tags: , |

Ek lieg oor my ouderdom so lekker as party mense oor hulle gewig vir die dokter, of hulle inkomste vir Jan Taks. Maar jok verander nie die feite. Ek wil nie praat oor wat alles inkrimp, afsak, uitsit of opswel nie. Kom ons sê maar net as ek afkyk is my knieë net nie meer dieselfde as tien jaar terug [...]

Ouma se warm-melk sjokoladekoek

2022-08-18T11:42:31+02:00Woensdag, 6 Februarie 2019| Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Koek is nie eintlik ’n ding waarvoor ek kaalvoet die Kalahari sal oorsteek nie – met twee uitsonderings: 1) ’n properse kaaskoek wat in die oond kom en… 2) sjokoladekoek! Ag jenetjie mens hoe donkerder en ryker, hoe beter. Sjokoladekoek resepte aangemaak met warm melk is niks nuuts nie. Elke selfrespekterende bazaar-tannie in ’n blomrok het een. Hierdie een is [...]

Melktert mille feuille

2022-08-18T11:44:10+02:00Maandag, 12 November 2018| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Krismis kom mense! Kind-opgewonde, dís hoe ek oor Kersfees is. Saterdag kon ek eenvoudig nie meer wag nie. Ek loop vroetel in die kas in my spaarkamer en onthul al my Kers-tierlantyntjies wat die laaste elf maande snoesig in hulle sneespapier vir my lê en wag. Nou’s die hele huis die ene silwer, en wit en goud en liggies – [...]

Heel geroosterde skaapnek

2022-08-18T12:08:57+02:00Vrydag, 29 Junie 2018| Aandete|Tags: , |

Raakvatters. Dís wat ouma se generasie vrouens was. Daar’s tonne goed wat ouma toe-oog kon doen wat vandag grootliks vergete is. Vir sommige het ek nie juis in 2018 nut nie. Soos om beesvet in seep te verander. Mens, die héle kombuis ruik. Ek koop eerder daai oranje Pears-sepie. Of soos om doilies en jassies vir houthangers te hekel. Tierlantyntjies [...]

Andries Pretorius se soetkoekies

2022-08-18T11:44:24+02:00Dinsdag, 13 Februarie 2018| Bak|Tags: |

Dis nie aldag wat mens kans kry om ’n soetkoekie resep wat meer as 200 jaar oud is te maak nie. Laas naweek was sulke tyd. Oor my Saterdagoggend koppie boeretroos op die voorstoep sit en blaai ek deur een van ouma se vele kookboeke wat my kant toe gekom het na ma se dood. Julle ken mos van daai [...]

Go to Top