Bloubessie-en-port skonpoeding

2022-08-18T12:26:07+02:00Dinsdag, 11 Augustus 2020| Lekkerbek|Tags: |

Lente wink! Hier en daar is ’n bloeisel wat kop uitsteek; die kat dring nie meer aan op lepel lê die hele nag lank nie; en die voëltjies koer my al vroeër wakker. Maar twee koue fronte kort na mekaar in die Kaap die laaste paar dae wys winter is nog nie klaar met ons nie. Winterkos soek ek steeds – [...]

Suurlemoen-bloubessie roomys

2022-08-18T12:28:05+02:00Maandag, 8 Februarie 2016| Lekkerbek|Tags: , , |

Die kraaie gaap hier in die Kaap. Met die kwik die laaste paar weke te dikwels aan die verkeerde kant van dertig is dinge lelik aan’t huise van Melkkos & Merlot, want sien ’n swembad die het ons nie. Dan’s daar net een genade – semi kaalbas onder die sproeier in die agterplaas. Gelukkig (miskien meer so vir my bure [...]

Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

2022-08-18T12:20:16+02:00Donderdag, 14 Januarie 2016| Slaai|Tags: , , |

Week twee van geen stysel en dit gaan sommer baie goed. Ek's mal daaroor. Miskien omdat ek my in die laaste sewe dae vergryp het aan soesjie (erm, rys), ’n vark-en-vinkel burger (erm, brood), en ’n parmantige klein kreefpasta wat ek opgetower het met die laaste van my super geheime kreef ‘stash’ in die agterste hoek van my derde vrieskaslaai. [...]

Comments Off on Geroosterde nektarien en dukkah-bokmelkkaas slaai

Eendlewer-patee met bosbessie-jellie en ciabatta melba

2022-08-18T12:18:24+02:00Donderdag, 5 November 2015| Knagerig|Tags: |

Hoenderlewer-patee is een van daai dinge wat eenvoudig beter is as jy dit self maak. Ek was op die punt om een aanmekaar te slaan toe ek eendlewers van The Duck Farm by P&P gewaar. Net R10 meer as die hoender een? Perfek. Terug by die huis gebruik ek my gewone hoenderlewer-patee resep met hope tiemie en salie en ’n [...]

Go to Top