Bruin rys slaai met ment, feta en beet

2022-08-18T11:54:48+02:00Donderdag, 28 Julie 2016| Slaai|Tags: , , |

Pienk krullers onder elke bed. Wit, wollerige pyp-skoonmakers in elke hoek. Tafeltennis balle onder elke bank… Dis hoe dit gaan as jy ’n katkind het want speel moet hulle. Die vloere’s hout, die lawaai indrukwekkend, die opgewondenheid buitensporig. Ek verstaan sulke baldadigheid. Ek voel ook so. Natuurlik nie oor krullers nie, dit sal weird wees. Oor kos. Gee my bestanddele om [...]

Wortel-en-beetslaai met ment en harissa

2022-08-18T12:17:36+02:00Donderdag, 17 September 2015| Slaai|Tags: |

Beet – vir menige ’n onding, vir my aardse pers verleiding. As kind het ek dit gehaat. Jy sou ook as jy jou pad moes oopeet deur ’n paar honderd bottels elke jaar. Ma en ouma het ingelê dat die biesies bewe. En dís die probleem. Sê jy beet, dink meeste van ons aan bottels gerasperde beet in asyn. Ek’t [...]

Gerookte makriel en beet met suurroom

2022-08-18T12:14:05+02:00Vrydag, 7 Maart 2014| Slaai|Tags: |

’n Snaakse ding gebeur elke jaar klokslag op 1 Maart met my. Dit mag miskien 27 grade buite wees, en ek mag miskien heel vroulik gloei (sweet is ’n lelike woord), maar skielik begin ek na pasteie, gebakte poedings en vla verlang. Ek snuffel deur my kaste en loer skalks na my stewels, en ek wonder of ek die skoorsteen [...]

Wortel-en-beet koekies met tzatziki

2022-08-18T12:05:42+02:00Donderdag, 17 Oktober 2013| Knagerig|Tags: |

Hulle speel nie op plase nie. Staan ’n ding lank genoeg stil, word hy ingelê. My ma en ouma se spensrakke het gekreun onder die Consol bottels. Seker die helfte daarvan was beet, so beetslaai by elke ete was ’n onvermydelike marteling. Gepreserveer in asyn is al hoe ek hom as kind geken het, en jy kon my nie genoeg [...]

gebakte bokmelkkaas ‘fondue’

2022-08-18T12:07:00+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Knagerig|Tags: , |

Daar’s ‘n paar goed op hierdie aarde wat eenvoudig vir mekaar gemaak is – ek en Merlot, sjokolade en lemoen, tamaties en basiliekruid – en natuurlik bokmelkkaas en beet. Ek’s hoeka moeg vir die twee saam sien in slaai . Móég’s die ideale teelaarde vir een van my ‘wat as’ kombuisoomblikke. Wat as ek die kaas in ‘n neutekorsie [...]

Go to Top