Beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous

2022-02-02T14:51:45+02:00Woensdag, 2 Februarie 2022| Aandete|Tags: |

Stap in ’n supermark in en dis net Valentyn swieties, beertjies en allerlei hartjie tierlantyntjies waar jy kyk. Jip, dis weer daai tyd van die jaar. Ek’s nie veel van ’n Valentyn romantikus nie maar ek glo wel in ’n goeie bord kos, veral op spesiale dae. Hierdie beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous is regte spesiale-geleentheid kos. ‘Au poivre’ [...]

Kortrib Tamatiebredie

2021-06-14T14:16:07+02:00Maandag, 14 Junie 2021| Aandete|Tags: , |

Wat maak ’n tamatiebredie die ware Jakob? Dis alles in die geurmiddels. Kyk, jy kan vleis en tamaties in ’n pot gooi en dit ’n bredie noem. Maar as jy dit tamatiebredie of tamatiekos wil noem het jy kruienaeltjies nodig! En kardamom. En pypkaneel, gemmer en lourier! Soos Dine van Zyl doen in haar tamatiekos resep in haar wonderlike [...]

Gerolde beesbors met stampmielies

2020-09-30T14:35:35+02:00Vrydag, 10 Julie 2020| Aandete|Tags: |

Hierdie is nie eintlik ’n resep nie, dáárvoor is wat ek nou deel te eenvoudig. Wat dit is, is meer van ’n gedagte. ’n Idee van anders dink oor waar jy jou vleis koop, watter vleis jy koop en wat jy daarmee doen. As kind was ’n supermark nie ’n plek waar ons vleis gekry het nie. Ek kan nie [...]

Sy-sneesdoekie pasta met bees kortrib ragu

2022-08-18T11:26:14+02:00Vrydag, 13 Maart 2020| Aandete|Tags: , |

Die eekhorings in my tuin is bitter besig die laaste week of wat. Dis altyd so hier aan die begin van die herfs. Klein eekhoring handjies met vlymskerp naels dolwe verwoed my grasperk om soos hulle dinge begin begrawe vir die winter se koskas. Ek het al opgegee om om te gee. Merlot ook. Soos sy ouer word probeer sy [...]

Bosvark-en-porcini lasagne

2022-08-18T12:08:31+02:00Vrydag, 17 Augustus 2018| Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met die effe meer [...]

Go to Top