baba toffie-appels
Klein happies goed en ek hoort eenvoudig nie in dieselfde kombuis nie. Ek blameer die sewentigs en tagtigs vir hierdie klein-kos aversie van my. Blokkies Gouda-kaas en klein skelrooi uitjies op tandestokkies. Grou mini worsrolletjies. Baba Weense worsies en soet-mosterd doopsous – met tandestokkies, natuurlik, sodat mens nie onbeleefd jou vingers staan en aflek nie. Die skade is permanent. Maar [...]