Whisky toffie-appel wafels

2022-06-23T15:46:50+02:00Donderdag, 23 Junie 2022| Lekkerbek|Tags: |

Wat’s beter as ’n wafel? ’n Whisky toffie-appel wafel natuurlik! Ek speel bietjie met soetgoed die laaste ruk want Marcel’s, Suid-Afrika se gewilde bevrore jogurt mense, het vir my van hulle produkte gestuur om te probeer. Ek’s altyd ’n bok vir enigiets vanielje, maar mens stry nie met die meerderheid nie. Hulle Engelse Toffie bevrore jogurt is by verre hulle [...]

Appel Botterkoek

2021-10-08T10:27:38+02:00Maandag, 4 Oktober 2021| Bak|Tags: |

Die Kaap het weer vir ons wintertande gewys hierdie afgelope naweek, met droewige, bewolkte koue reënweer. Ek kyk met verlangende oë na die 28 grade van Pretoria op die weervoorspelling en steek maar ’n kaggel aan. En ek hark ’n paar van ouma se ou kookboeke nader op soek na inspirasie. Daar’s sommer ’n hele paar bitter eienaardige resepte [...]

Appel malva poeding

2022-08-18T11:56:01+02:00Woensdag, 8 Junie 2016| Lekkerbek|Tags: , |

Gister se mense, plekke en dinge. Vir sommiges tower musiek goue herhinneringe op, vir ander is dit reuk. Maar vir my is dit kos. Ouma se hoenderpastei met veerligte deeg, ryk van die plaasbotter wat ek self in die yl winterson op haar agterstoep gekarring het. Poetoepap met regte egte melk, die soort in ’n groot wit emalje melkbeker met [...]

Vark-sosaties met vinkel-en-appelslaai

2022-08-18T12:15:24+02:00Vrydag, 10 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , |

’n Vriendin sê so terloops vir my die ander dag dat ek darem hou van my stysel. Sy’s heeltemal reg. Wys my ’n stuk brood of ’n bord pasta en ek’s nie verantwoordelik vir wat volgende gebeur nie. Daar’s ’n paar goed wat ek altyd in my vrieskas het – daai halfgebakte ciabattas wat net tien minute in ’n warm [...]

Appel stroedel met soutkaramel

2022-08-18T12:12:08+02:00Maandag, 8 September 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Ek’t iets met kaas in gedagte gehad vir hierdie week, maar toe bel die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram my en vra ek moet seblief iets soets kom bak. Regstreekse uitsendings kan nogal neuk met die senuwees, soveel te meer as mens net ’n paar minute het om iets op te tower wat heerlik is. Hmmmm. Hoe gemaak? [...]

Go to Top