Tunaslaai met Franse flair

2022-08-18T11:44:01+02:00Vrydag, 23 November 2018| Slaai|Tags: , , , |

Somer is hier in al sy glorie en in my boek beteken dit slaai – by die tonne. Nie ‘boring’ slaai nie verstaan, iets wat interessant genoeg is vir my om dit te wíl eet. Iets soos hierdie tunaslaai. Geblikte tuna kan maklik ’n lelike ding wees. Die fyn een in water is my dood. Maar groot tunastukke in olie [...]

Aartappel-en-prei sop

2022-08-18T11:46:39+02:00Woensdag, 5 Julie 2017| Sop|Tags: , |

Dis ’n goeie ding ek’s nie in Ysland gebore nie want kyk, ek en die koue is nie pêlle nie. Daar’s min positief wat ek oor winter kan sê maar pastei maak die pyn minder. Souskluitjies en melkkos ook. En dan is daar sop – dít verorber ek sonder weerstand maklik elke dag. Een van my lesers skryf onlangs en [...]

Alles-en-nog-wat minestrone-sop

2022-08-18T11:47:07+02:00Maandag, 24 April 2017| Sop|Tags: , , , |

Pase is verby en Mei is amper op ons mense. Dis hoeka nog nie tyd vir my flênnie onder-goedjies nie, nog nie tyd vir dik sop barstensvol vleis en murgbene nie. Maar die aande raak koel en ek soek tog al meer ’n ietsie warms om die siel te streel. Minestrone is die antwoord. Hierdie staatmaker Italiaanse sop is perfek [...]

Osstert tamatie bredie met gnocchi

2022-08-18T11:58:38+02:00Vrydag, 19 Junie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Toe ZZ2 onlangs ’n pakkie geheime 'goodies' kom aflewer met die uitdaging om ’n unieke resep met ten minste twee van hulle produkte te maak, was ek dadelik bok, veral toe ek die tamaties sien. Min dinge is meer veelsydig as ’n tamatie. Gebruik dit as basis vir fênsie bone op brosbrood. Maak ’n blitsvinnige sop soos my rokerige tamatie [...]

Kerrie-soetpatat sop met poppadom linte

2022-08-19T22:35:07+02:00Vrydag, 23 Mei 2014| Sop|Tags: , |

’n Goeie kerrie is ’n mooie ding. Ek praat nie van die flou poginkies wat mense hier in die Kaap kerrie noem nie. Ek wil nou nie iemand in die gesig vat nie, maar julle ken nie van nie. Ek praat van ’n properse Durban-styl kerrie. Een wat jou twee keer brand. En ’n kerrie is nie ’n kerrie sonder [...]

Geroosterde vark lendeskyf

2022-08-18T12:13:38+02:00Donderdag, 27 Maart 2014| Aandete|Tags: , , , |

Ek spandeer heelwat tyd aan’t wonder oor onbenullige dinge. Soos watter vee ek saam met my sal verkies as ek in ’n skeepswrak is en Robinson Crusoe-styl myself aan die lewe moet hou. Vark is die antwoord. Ek kan aan min dinge dink wat meer veelsydig is. Dink spek, Duitse wors, Coppa, Prosciutto en Chourico. En dan natuurlik my gunsteling [...]

Go to Top