Isabella se mossels
Hier net na Kersfees daag die wonderlike Isabella Niehaus by my voordeur op met die ongelooflikste geskenk – twee kilogram vet, swart Weskus mossels wat waarskynlik daai oggend nog aan ’n rots geklou het. Isabella is een van my kos ikone. Haar Langtafels op die Duin by haar praghuis langs die see […]
Prosciutto en spanspek Kerskrans
Ek weet nie van jou nie, maar ek is meer as gereed om 2020 vaarwel toe te roep. Ek’s reg vir Krismis, bietjie feestelikheid, en om weer ménse te sien. Ek het dit bitter nodig, dus begin ek vroeg hierdie jaar. Die stringe feëtjieliggies is reeds uit die kas gepluk en oor alles wat lank genoeg stilstaan gedrapeer. Die Kerskrans […]
Feta, lemoen en vinkelslaai
Ek sien op die weer die res van die land dra reeds rok, maar hier in die Kaap is winter nog nie met ons klaar nie. Nie dat ek kla nie, ons het al die reën nodig wat ons kan kry. Maar ai, ek’s so lus vir sandale. Ek gee die ding nog twee weke kans en dan brand ek […]
Skaapniertjies in rooiwyn
Jy gaan of van hierdie resep hou, of dit haat. Want dís hoe dit is met niere en lewer – daar’s nie plek vir draadsitters nie. As kind was skaapniertjies en lewer my dood, en nie op ’n goeie manier nie. Vandag is ek ferm in die hou-van kamp. My gunsteling manier met skaapniere is om hulle ’n leksel olyfolie […]
Geroosterde skaapblad met rooiwynsous
Dis miskien donkiejare terug, maar dink ek aan Sondagmiddagete by Ouma kan ek steeds die skaapboud ruik en proe. Sy’t hom lank en stadig gerooster en bitter min aan hom gedoen. Miskien bietjie sout gegee. Vandag is my benadering tot enige geroosterde vleis, nes ouma s’n, redelik minimalisties. Want ek glo as die vleis puik is, peuter mens nie te […]
Bloubessie-en-port skonpoeding
Lente wink! Hier en daar is ’n bloeisel wat kop uitsteek; die kat dring nie meer aan op lepel lê die hele nag lank nie; en die voëltjies koer my al vroeër wakker. Maar twee koue fronte kort na mekaar in die Kaap die laaste paar dae wys winter is nog nie klaar met ons nie. Winterkos soek ek steeds – […]