Resepte2022-08-18T14:47:45+02:00

Sjokolade truffeltert

Vrydag, 8 Oktober 2021|Lekkerbek|

Saterdag, 9 Oktober, is amptelik Pinotage Dag. Ek het nie juis ’n verskoning nodig om ’n bottel van hierdie eg Suid-Afrikaanse kultivar oop te maak nie, maar toe kry ek een ­­­­– in die vorm van hierdie resep vir ’n sjokolade truffeltert! Die mense van FAT Bastard wyne het dit vir my gestuur want hulle meen dis die ideale soete […]

Appel Botterkoek

Maandag, 4 Oktober 2021|Bak|

Die Kaap het weer vir ons wintertande gewys hierdie afgelope naweek, met droewige, bewolkte koue reënweer. Ek kyk met verlangende oë na die 28 grade van Pretoria op die weervoorspelling en steek maar ’n kaggel aan. En ek hark ’n paar van ouma se ou kookboeke nader op soek na inspirasie. Daar’s sommer ’n hele paar bitter eienaardige resepte in […]

Kortrib Tamatiebredie

Maandag, 14 Junie 2021|Aandete|

Wat maak ’n tamatiebredie die ware Jakob? Dis alles in die geurmiddels. Kyk, jy kan vleis en tamaties in ’n pot gooi en dit ’n bredie noem. Maar as jy dit tamatiebredie of tamatiekos wil noem het jy kruienaeltjies nodig! En kardamom. En pypkaneel, gemmer en lourier! Soos Dine van Zyl doen in haar tamatiekos resep in haar wonderlike kookboek, […]

Swartwoud Poeding

Donderdag, 6 Mei 2021|Lekkerbek|

Sondag is Moedersdag. In ’n kalender wat gepak is met spesiale ‘dae’ wat alles vanaf Die Pannekoek tot Die Siviele Regte van Koedoes herdenk, is hierdie een van die min waarmee ek saamstem. Ma’s is spesiaal. Myne is al vir tien hartseer jare nie meer aan my tafel nie. Maar as sy was, sou ek vir haar Sondag hierdie […]

Balsamiek-appelkoos varknek sosaties

Woensdag, 10 Maart 2021|Aandete|

Die oggende het ’n besliste byt in die lug. Waar ek ’n maand gelede sesuur die pad kon vat vir my oggend drafstap moet ek nou wag tot 6:30 vir die son om lui-lui kop uit te steek. Die eekhorings maak verwoed neute bymekaar en blajaar uitbundig in my tuin. Blykbaar is my roosbedding net die plek om hulle winter-proviand […]

Go to Top