Camembert, prei en aartappel galette
Frans en maklik – dis die galette. Ek’s bietjie verlief of hierdie oopvorm tert met sy eindelose vulsel opsies. Onlangs het ek inspirasie uit die suide van Frankryk geput met ’n Provensaalse tapenade-en-uie galette. Hierdie week mik ek noord en vind my inspirasie in Normandië, tuiste van Camembert-kaas met ’n Camembert, preie en aartappel galette. Bon […]
Ui-en-tapenade galette
Galette is seker die maklikste Franse tert wat jy kan maak. Net ’n sirkel deeg met enige vulsel wat jou hart begeer. Hy kan soet wees, met enigiets van appels of vye, tot bessies of pruime. Of hy kan sout wees, soos hierdie knaap. My inspirasie vir hierdie ui-en-tapenade galette is die […]
Beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous
Stap in ’n supermark in en dis net Valentyn swieties, beertjies en allerlei hartjie tierlantyntjies waar jy kyk. Jip, dis weer daai tyd van die jaar. Ek’s nie veel van ’n Valentyn romantikus nie maar ek glo wel in ’n goeie bord kos, veral op spesiale dae. Hierdie beesfilet au poivre met brandewyn-roomsous is regte spesiale-geleentheid kos. ‘Au poivre’ is […]
Griekse suurlemoen-hoender
Vra my oor my top-5 gunsteling maaltye ooit en ek dink overmydelik aan my middagete op ’n piepklein Griekse eiland in die middel van nerens. Ons het anker uitgegooi en ’n paar meter gedrentel na ’n restaurant met net drie tafels. Terwyl ons aan yskoue Griekse witwyn teug, hou ons ’n seuntjie dop wat vis vang, sommer net daar langs […]
Vinkel en lemoen varkvleis frikadelle met spaghetti
Ek het varkvleis op die brein die laaste ruk. Eintlik sedert twee weke gelede toe ek die voorreg gehad het om vir middagete aan te sit in die Hamm & Uys restaurant op die pragtige Blaauwklippen landgoed. Die geleentheid? SA Pork se jaareindfunksie vir mense in die kosbedryf. En wat ’n viering […]
Kersfees Granola
Ek vrek oor Kersfees. Watwou wag tot Desember – my Kerskoek is gebak en my huis is al van 1 November af in Kersgewaad getooi! Kersfees op die brein mense, wat kan ek sê. En dis hoe dinge soos hierdie resep gebeur. Terwyl ek vroegoggend lê en wonder of ek honger genoeg is om op te staan besluit ek […]