‘Four Cousins’ en bekostigbare, goeie-tye, elke-dag wyn is waaraan ons dink. Wat baie waarskynlik nié weet nie, is dat Four Cousins deel van die Van Loveren stal is, en dat dit die geesteskind van vier ware-lewe neefs is!

Van Loveren, in die mooi Robertson vallei, is sedert 1937 in the Retief familie. Die eerste geslag Retiefs het gefokus op soetwyn en wyn vir brandewyn maak. Die tweede generasie het edel kultivars begin plant vir die groothandel en uiteindelik self begin bottel onder die Van Loveren etiket in 1980. Twintig jaar later, in 2000, het die derde geslag Retief neefs betrokke geraak en Four Cousins die lig laat sien. Oor die jare het die reeks gegroei en vandag is daar ’n Four Cousins vir elke geleentheid en elke smaak.

scroll-main

DIE FOUR COUSINS COLLECTION REEKS

Perfek vir braai of om op jou eie te geniet. Dís hoe Four Cousins hulle Collection reeks wyne beskryf. Ek stem. In wit bied hierdie reeks Sauvignon Blanc, Pinot Grigio en die wêreld se #1 witwyn verkoper, Chardonnay. As rooi jou mond laat water bied die Collection reeks Cabernet Sauvignon, Merlot en daai eg Suid-Afrikaanse kultivar, Pinotage. Die prys vir Four Cousins se Collection wyne is hier by die R50 merk, selfs vir die rooies, wat dit ideaal maak vir feestyd kuiers

scroll-main

DIE FOUR COUSINS ROOMLIKEUR REEKS

Poeding in ’n bottel, dís Four Cousins se roomlikeure. Hulle gee ons reeds ’n dekade lank plesier, en nou het Four Cousins hulle ekstra huppel in die stap gegee met ’n mooi nuwe bottelontwerp.

Soos jy uit die naam kan aflei, is Four Cousins se Strawberry Fields likeur ’n droom van room en aarbei. Die Marula Dream (my gunsteling van die twee) proe pure romerige maroela Afrika. Skink dit oor ys, blits dit in ’n ‘smoothie’ met ys of roomys, gebruik dit as basis vir interessante skemerkelkies – daar’s soveel wat jy met hierdie twee roomlikeure kan doen. Beste van als? Die prys. Onder R100 vir ’n 500ml bottel maak hierdie twee vrugtige roombederwe ideaal vir Kerskouse.

Daars veel meer aan die Four Cousins reeks, insluitend hulle laer-kilojoule Skinny wyne. Loer hier na die lot. Tjorts!

scroll-main

OOR HIERDIE ARTIKEL: Ek skryf net oor plekke en dinge waarvan ek rêrig hou. Sou iemand my komplimentêre etes/kaartjies/diamante aanbied, sal ek dit altyd verklaar. Ek’s nie hier om mense en dinge sleg te sê nie, dit los ek vir ander. As iets my nie geval nie, skryf ek eenvoudig nie daaroor nie. Dus is hierdie nie soseer ‘n resensie nie, maar eerder ‘n persoonlike aanbeveling.

scroll-main

Deel hierdie artikel

Ook beskikbaar in: English