‘n kraakvars hoenderslaai

2024-11-22T12:13:55+02:00Vrydag, 22 November 2024| Slaai|Tags: , |

Somer in Kaapstad is altyd so ’n maand agter die res van die land, maar uiteindelik is die dame hier en kan ek die donskombers wegpak. Die seisoene beïnvloed definitief hoe ek eet. In Julie as die hemele hier oopmaak hang my tong uit vir bredie. Nou soek ek lig, gesond en kraakvars – ek soek slaai. Maar nie [...]

Prosciutto en spanspek Kerskrans

2020-11-13T14:16:58+02:00Vrydag, 13 November 2020| Knagerig, Slaai|

Ek weet nie van jou nie, maar ek is meer as gereed om 2020 vaarwel toe te roep. Ek’s reg vir Krismis, bietjie feestelikheid, en om weer ménse te sien. Ek het dit bitter nodig, dus begin ek vroeg hierdie jaar. Die stringe feëtjieliggies is reeds uit die kas gepluk en oor alles wat lank genoeg stilstaan gedrapeer. Die [...]

Feta, lemoen en vinkelslaai

2020-10-01T13:34:36+02:00Donderdag, 1 Oktober 2020| Slaai|Tags: , |

Ek sien op die weer die res van die land dra reeds rok, maar hier in die Kaap is winter nog nie met ons klaar nie. Nie dat ek kla nie, ons het al die reën nodig wat ons kan kry. Maar ai, ek’s so lus vir sandale. Ek gee die ding nog twee weke kans en dan brand [...]

Tunaslaai met Franse flair

2022-08-18T11:44:01+02:00Vrydag, 23 November 2018| Slaai|Tags: , , , |

Somer is hier in al sy glorie en in my boek beteken dit slaai – by die tonne. Nie ‘boring’ slaai nie verstaan, iets wat interessant genoeg is vir my om dit te wíl eet. Iets soos hierdie tunaslaai. Geblikte tuna kan maklik ’n lelike ding wees. Die fyn een in water is my dood. Maar groot tunastukke in olie [...]

Provensaalse tamatieslaai

2022-08-18T12:21:38+02:00Woensdag, 28 September 2016| Slaai|Tags: , |

Hierdie Provensaalse tamatieslaai is nie ’n regte, egte Provensaalse dis nie. Nie op die manier wat pissaladière, aïoli en ratatouille is nie. Maar vir my is dit die wese van die suide van Frankryk. Ryprooi tamaties gepak met sonskyn, vet roos-knoffelbolle, ansjovis in olyfolie... Dit laat my dink aan laventelpers velde in die verte, sonbesie sang op die middaguur en ’n [...]

Bruin rys slaai met ment, feta en beet

2022-08-18T11:54:48+02:00Donderdag, 28 Julie 2016| Slaai|Tags: , , |

Pienk krullers onder elke bed. Wit, wollerige pyp-skoonmakers in elke hoek. Tafeltennis balle onder elke bank… Dis hoe dit gaan as jy ’n katkind het want speel moet hulle. Die vloere’s hout, die lawaai indrukwekkend, die opgewondenheid buitensporig. Ek verstaan sulke baldadigheid. Ek voel ook so. Natuurlik nie oor krullers nie, dit sal weird wees. Oor kos. Gee my bestanddele om [...]

Go to Top