Whisky toffie-appel wafels

2022-06-23T15:46:50+02:00Donderdag, 23 Junie 2022| Lekkerbek|Tags: |

Wat’s beter as ’n wafel? ’n Whisky toffie-appel wafel natuurlik! Ek speel bietjie met soetgoed die laaste ruk want Marcel’s, Suid-Afrika se gewilde bevrore jogurt mense, het vir my van hulle produkte gestuur om te probeer. Ek’s altyd ’n bok vir enigiets vanielje, maar mens stry nie met die meerderheid nie. Hulle Engelse Toffie bevrore jogurt is by verre hulle [...]

Sjokolade truffeltert

2022-08-18T12:33:37+02:00Vrydag, 8 Oktober 2021| Lekkerbek|Tags: , |

Saterdag, 9 Oktober, is amptelik Pinotage Dag. Ek het nie juis ’n verskoning nodig om ’n bottel van hierdie eg Suid-Afrikaanse kultivar oop te maak nie, maar toe kry ek een ­­­­– in die vorm van hierdie resep vir ’n sjokolade truffeltert! Die mense van FAT Bastard wyne het dit vir my gestuur want hulle meen dis die ideale soete [...]

Swartwoud Poeding

2021-05-06T12:09:46+02:00Donderdag, 6 Mei 2021| Lekkerbek|Tags: |

Sondag is Moedersdag. In ’n kalender wat gepak is met spesiale ‘dae’ wat alles vanaf Die Pannekoek tot Die Siviele Regte van Koedoes herdenk, is hierdie een van die min waarmee ek saamstem. Ma’s is spesiaal. Myne is al vir tien hartseer jare nie meer aan my tafel nie. Maar as sy was, sou ek vir haar Sondag hierdie [...]

Bloubessie-en-port skonpoeding

2022-08-18T12:26:07+02:00Dinsdag, 11 Augustus 2020| Lekkerbek|Tags: |

Lente wink! Hier en daar is ’n bloeisel wat kop uitsteek; die kat dring nie meer aan op lepel lê die hele nag lank nie; en die voëltjies koer my al vroeër wakker. Maar twee koue fronte kort na mekaar in die Kaap die laaste paar dae wys winter is nog nie klaar met ons nie. Winterkos soek ek steeds – [...]

Franse roosterbrood met Nutella

2020-09-30T14:35:12+02:00Vrydag, 24 Julie 2020| Lekkerbek, Ontbyt|Tags: , |

Franse roosterbrood was ’n kindertyd gunsteling vir ontbyt, waarskynlik omdat dit omtrent die enigste ding was wat ek as 5-jarige kon kook. Dit was so basies as kan kom, net eier geklits met bietjie melk en gewone sagte wit goewerment brood. All Gold se tamatiesous daarby was natuurlik ’n móét. All Gold is steeds die enigste tamatiesous waaraan ek mond [...]

Suurlemoen ‘posset’

2020-10-02T11:16:43+02:00Woensdag, 8 Julie 2020| Lekkerbek|Tags: |

’n ‘Posset’ is nie ’n Afrikaanse ding nie. Dis ’n Engelse ding, en nie ’n Suid-Afrikaanse Engelse ding nie verstaan. Nee, hierdie is ’n Ingelse-Ingelse ding. My woordeboek vertaal ‘posset’ as ‘gekruide melk’. Afrikaanse woorde het ’n raakvat manier aan hulle, maar hierdie beskrywing is vir my die pad erg duister. Want daar is nie ’n krui in sig nie, [...]

Go to Top