Garnaal-en-chorizo tapas

2022-08-19T22:35:28+02:00Donderdag, 19 Junie 2014| Knagerig|Tags: , |

My eerste kennismaking met sjerrie was op universiteit. Dis steeds vars in my geheue – vir al die verkeerde redes. As broekskeur student was ‘goedkoop en baie’ basies my enigste vereistes, vir so te sê enigiets. Dat dinge lelik sou raak met so houding was seker onvermydelik en sjerrie het sommer vinnig op my nooit-as-te-nimmer-weer-nie lysie beland, neffens kerrie-afval en [...]

Oosterse hoender vlerkies

2022-08-18T12:14:23+02:00Donderdag, 13 Maart 2014| Knagerig|Tags: |

Die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram bel my so paar dae terug. Het ek lus om weer saam met hulle te kom kook? Ek glo mens moet nooit ’n kans om ’n gek van jouself op nasionale TV te maak mis nie, so my antwoord was uiteraard ‘ja’. Die tema was kook met vrugtesap. En ek moes suiker [...]

Geroosterde pere met gemmer

2022-08-18T12:13:55+02:00Donderdag, 13 Februarie 2014| Bak, Knagerig|Tags: , |

As ’n vrou bedruk raak is daar net een genade – inkopies. In my geval, meestal vir skoene. Maar aangesien ek A) reeds so net duskant die veertig pare het B) omtrent net vyf gereeld dra en C) sal moet trek as ek nog net een paar koop, het ek wyslik besluit om op te hou. Nie sjôp nie, verstaan. [...]

Wortel-en-beet koekies met tzatziki

2022-08-18T12:05:42+02:00Donderdag, 17 Oktober 2013| Knagerig|Tags: |

Hulle speel nie op plase nie. Staan ’n ding lank genoeg stil, word hy ingelê. My ma en ouma se spensrakke het gekreun onder die Consol bottels. Seker die helfte daarvan was beet, so beetslaai by elke ete was ’n onvermydelike marteling. Gepreserveer in asyn is al hoe ek hom as kind geken het, en jy kon my nie genoeg [...]

gebakte bokmelkkaas ‘fondue’

2022-08-18T12:07:00+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Knagerig|Tags: , |

Daar’s ‘n paar goed op hierdie aarde wat eenvoudig vir mekaar gemaak is – ek en Merlot, sjokolade en lemoen, tamaties en basiliekruid – en natuurlik bokmelkkaas en beet. Ek’s hoeka moeg vir die twee saam sien in slaai . Móég’s die ideale teelaarde vir een van my ‘wat as’ kombuisoomblikke. Wat as ek die kaas in ‘n neutekorsie [...]

Go to Top