Prosciutto en spanspek Kerskrans

2020-11-13T14:16:58+02:00Vrydag, 13 November 2020| Knagerig, Slaai|

Ek weet nie van jou nie, maar ek is meer as gereed om 2020 vaarwel toe te roep. Ek’s reg vir Krismis, bietjie feestelikheid, en om weer ménse te sien. Ek het dit bitter nodig, dus begin ek vroeg hierdie jaar. Die stringe feëtjieliggies is reeds uit die kas gepluk en oor alles wat lank genoeg stilstaan gedrapeer. Die [...]

Kortpad roosmaryn-pizzabrood met vye, pienkpeper-bokmelkkaas en bresaola

2022-08-18T11:42:21+02:00Vrydag, 22 Februarie 2019| Aandete, Bak, Knagerig|

My soektog na die absoluut perfekte pers vy vir ’n TV advertensie lei my laas Saterdag na die Oranjezicht Mark by Grangerbaai langs die V&A Waterfront. As jy enigsins belangstel in kos is hierdie mark ’n absolute moet, maar meer hieroor ’n volgende keer. Terug na daai perfekte vye. Ek spoor hulle op by my gunsteling vrugtestalletjie en ek’s verlig [...]

Dadel, spek en varkworsie sosaties

2022-08-18T11:43:17+02:00Dinsdag, 18 Desember 2018| Knagerig|Tags: , |

Ek kan nie hierdie juis ’n resep noem nie want dis net te eenvoudig. Wat ek dit wél kan noem is bitter lekker. Ons is almal bekend met ‘devils on horseback’ – pruimedante gerol in spek en gebak tot bros. Tog te lekker. So paar dae terug sien ek spek met ’n swartpeper buitelagie by Woolies en dit gee vir [...]

Vark-en-groenvy terrien

2022-08-18T11:43:42+02:00Donderdag, 29 November 2018| Knagerig|Tags: , |

My kop spin skoon soos die jaar einde se kant toe jaag. Ek voel ek het glad nie my act together vir die feestyd wat kom nie. Die Kerskoek is nog nie eens gebak nie en nou’s dit bietjie laat – die koek moet mos lê. Maar ek weier om opgewerk te raak, miskien koop ek hom sommer hierdie [...]

Visvinger tacos met tartar-sous

2022-08-18T12:09:14+02:00Donderdag, 26 April 2018| Aandete, Knagerig|

Hierdie is nie soseer ’n resep nie. Dink eerder daaraan as ’n aankondiging in openbare belang. Want mens, nóú gaan ek vir jou ’n ding vertel. Kyk visvingers is nie ’n item wat ooit in my kosmandjie beland nie. Soos in nooit, ooit. Want Merlot is ’n kieskeurige dier en sy’t nie veel vat aan hulle nie. So paar weke [...]

Spaanse mossels met chorizo, sjerrie en saffraan

2022-08-18T11:44:33+02:00Dinsdag, 23 Januarie 2018| Aandete, Knagerig|Tags: , |

Dis hoogsomer en een van my grootste vreugdes (afgesien van kort rokke en oop tone natuurlik) is buite eet – in die sagte skadu van die groot boom neffens my kombuisdeur. Vars mossels is altyd ’n goeie idee, nog meer so gekombineer met plompe ryprooi tamaties op hulle hoogsomer sappigste beste. Maar dis die kombinasie van essensieël Spaanse bestanddele – [...]

Go to Top