Botterkaramelsous met bruin suiker en Ideal-melk

2020-09-30T15:26:23+02:00Maandag, 27 April 2020| Basiese resepte, Lekkerbek|

Ek’t ’n paar dae terug my resep vir ’n karamelsous gedeel. Nou’s dit tyd vir sy boetie – ’n botterkaramelsous. Beide ’n karamelsous en botterkaramelsous gebruik suiker, botter en room. Maar waar jy ’n karamelsous begin deur die suiker te smelt om ’n karamel te vorm, is botterkaramel die lui boetie – jy gooi die lot op een slag in [...]

Bordelaise – die beste Franse rooiwyn-sous vir biefstuk

2022-08-18T12:23:48+02:00Maandag, 30 Januarie 2017| Aandete, Basiese resepte|Tags: , , |

As jy net effe ernstig is oor lekker eet, is Bordelaise-sous ’n móét in jou resepboekie. Hierdie klassieke rooiwyn-sous is ’n 10-uit-10 wenner met biefstuk. Soos dit blyk uit die naam, is Bordelaise-sous afkomstig van die Bordeaux-streek in Frankryk. En soos meestal die geval met klassieke disse wat ’n ver pad kom, is daar menige resep vir Bordelaise. Sommiges het [...]

Mosterd, die outydse ouma manier

2022-08-18T12:21:49+02:00Dinsdag, 11 Oktober 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Ek’s ’n bok vir mosterd. Maak my yskas oop en jy sal ten minste vyf soorte sien. Goeie ou sterk Engelse mosterd, korrelmosterd (wonderlik vir slaaisouse), Dijon (wonderlik vir als) en gourmet nommertjies met eksotiese bestanddele soos truffels en Chablis. Gesofistikeerd verby. Maar ek het ook die ander soort in my koelkas, die een wat ek self maak, soos ouma [...]

Hollandaise sous – 3 maklike metodes en almal werk!

2022-08-18T11:55:51+02:00Woensdag, 22 Junie 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Sê hollandaise en menige skrik hulle asvaal. Want die gogga-maak-vir-baba-bang stories oor die puntenerigheid van hollandaise en sy ander Franse neef, béarnaise, loop dik. En dis sommer bog, want volg jy drie basiese reëls is kanse goed jy kry dit reg keer op keer. Hier’s hulle: 1: LAE HITTE POP. Want sien hoë hitte + eiergeel = roereier. En dis [...]

chakalaka lekker, chakalaka maklik!

2022-08-18T11:56:13+02:00Maandag, 23 Mei 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Chakalaka. Dit rol uitbundig op die tong, soveel pret om te sê as om te eet. Ek het nie grootgeword met chakalaka nie. Haikôna, daarvoor was ons hopeloos te kos-konserwatief. In ons huis het braaipap ’n gewone tamatie-en-uie sous gekry. En dis hoe jy aan chakalaka kan dink – ’n braaipap tamatie-en-uie sous met tonne houding. Want sien hierdie parmant [...]

Ierse sodabrood

2022-08-18T12:17:57+02:00Dinsdag, 29 September 2015| Bak, Basiese resepte|Tags: |

Met die dat ek nie dom is nie, sê ek nie sommer nee as ’n bottel aan my deur kom klop nie. Soos laasweek, toe die mense van die La Motte wynlandgoed twee fraai bottels van hulle konfyt oorstuur vir my om te proe. Konfyt is half te eenvoudig ’n woord vir die interessante konkoksies uit hulle plaaswinkel. Dink aarbei, [...]

Go to Top