Lemmetjie-en-klapper piesangbrood

2022-08-18T12:13:47+02:00Donderdag, 20 Maart 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Ek’t twee nuwe dinge geleer hierdie week. Ek’s nie seker watter een het my meeste verbaas nie. Hier's hulle... Om ’n suksesvolle, bekende sjef te wees beteken nie jy hoef noodwendig jou lyf moroon te hou, jou pad in die kombuis oop te buffel en só te swets lat die teflon van die keelvrye panne afpeul nie. Rooibostee is nie [...]

Amandel pavlova met Karoo-vye

2022-08-18T12:13:33+02:00Donderdag, 27 Februarie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Katte is nogal balletiese (is dit ’n woord?) diere. Die manier waarop Merlot haar been oplig en so ’n 180-grade 'arabesque'-tipe ‘move’ doen om haar boud te lek, is heel indrukwekkend. Ek wens ek was so soepel. Natuurlik nie om myself te lek nie – ek’s nie daai tipe pop nie. Maar dit sal sommer baie handig te pas kom [...]

Geroosterde pere met gemmer

2022-08-18T12:13:55+02:00Donderdag, 13 Februarie 2014| Bak, Knagerig|Tags: , |

As ’n vrou bedruk raak is daar net een genade – inkopies. In my geval, meestal vir skoene. Maar aangesien ek A) reeds so net duskant die veertig pare het B) omtrent net vyf gereeld dra en C) sal moet trek as ek nog net een paar koop, het ek wyslik besluit om op te hou. Nie sjôp nie, verstaan. [...]

Kerskrans-poeding

2022-08-18T12:04:53+02:00Donderdag, 28 November 2013| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Krismis kom en ek’s kinderlik opgewonde.  Ek het twee weke gelede al ’n Kerskrans op die voordeur gesit. Sommer een op die agterdeur ook. Hoekom nie? Hierdie naweek sit ek my boom op. Wat-wou wag tot tien dae voor Kersfees! Ek weet nie wie dít opgedink het nie, maar hulle’s van lotjie getik. Ek wil die skitter en die [...]

boerejongens kaastert

2022-08-18T12:07:21+02:00Vrydag, 16 Augustus 2013| Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Tert klink so... wel, terterig. Soos alle Afrikaanse woorde, is dit ’n wonderlike woord, maar ek sou nou nie juis sê dis ons elegantste woord nie. Sê dit in Frans – ‘tarte’ – en dit val op die oor soos ‘n klinkende silwer klokkie. Die Franse het ’n ‘tarte au fromage blanc’ – ’n gesofistikeerde nommertjie gemaak van ’n [...]

Go to Top