Kannie-flop witbrood resep

2022-08-16T14:57:23+02:00Donderdag, 15 Januarie 2015| Bak, Basiese resepte|

Ek’t eintlik ’n heel ander ding in gedagte gehad vir my volgende resep. Toe kom sit die kombuisduiwel op my skouer. Hy fluister ek moet bietjie van dies bygooi . En bietjie van daais. En sommer ’n hele spul ander goed. Die resultaat? ’n Skepping wat nie eens ’n brandmaer ashoop hond voor kans sal sien nie. Dis die ding [...]

Gerookte salm-en-roomkaas tert

2022-08-19T17:21:01+02:00Woensdag, 29 Oktober 2014| Bak|Tags: , , |

Ek’s effe kens is oor pienk. Pienk rokke, pienk lipstif en natuurlik… pienk wyn. Met of sonder borrels, ek’s mal daaroor. Dis seker verstaanbaar want ek het toevallig ook ’n ding vir enigiets Frans. En die Franse kén van pienk wyn. Toe ’n parmantige botteltjie Roodeberg rosé van KWV hom dus die ander dag op my voorstoep kom tuismaak, nooi [...]

Appel stroedel met soutkaramel

2022-08-18T12:12:08+02:00Maandag, 8 September 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Ek’t iets met kaas in gedagte gehad vir hierdie week, maar toe bel die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram my en vra ek moet seblief iets soets kom bak. Regstreekse uitsendings kan nogal neuk met die senuwees, soveel te meer as mens net ’n paar minute het om iets op te tower wat heerlik is. Hmmmm. Hoe gemaak? [...]

Pissaladière (Provensaalse uietert)

2022-08-23T12:39:41+02:00Donderdag, 28 Augustus 2014| Bak|Tags: , |

Ek bewonder mense wat weet presies wáár hulle oor vyf jaar gaan wees en hóé hulle lewens gaan lyk. Ons is nie almal so nie. Party van ons is soos agt maande-oue Labrador hondjies – ons leef in die oomblik. Ek’s een van daais. Langtermyn beplanning geval my nie en ’n ‘bucket list’ die het ek nie. Dis nou te [...]

soetkoekies met hawermout

2022-08-18T12:02:32+02:00Dinsdag, 15 Julie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Koekies koop was nie ’n ding wat ek as kind geken het nie. Mens het gebak. Koop was vir lui huisvroue, slegte ma’s en dorpsmense – in ouma se oë almal ewe erg. Sy’t nie klein begryp nie, my ouma. Suiker en meel is grootmaat gekoop by die koöperasie op Standerton en in 30-liter dromme gehou in die kas in [...]

Peer-en-sjokolade tertjies

2022-08-18T12:03:32+02:00Woensdag, 11 Junie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

Die ding met baie tyd in die kombuis spandeer, is dat dit nogal alleen kan raak. Merlot is ’n verbale kat weliswaar, maar aangesien ek nie ‘kat’ praat nie, kan en nou nie juis sê ek vind haar konstante geselsery boeiend nie. So toe Nina Timm van My Easy Cooking my uitnooi om saam met haar te kom kook was [...]

Go to Top