Melktert macarons

2022-08-18T12:08:19+02:00Dinsdag, 28 Augustus 2018| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Melktert macarons. Ja, jy’t reg gelees, as dit nog nie ’n ding is nie, máák ek dit nou een. Vir vroulik-fyne elegante soet happies is daar min dinge wat vir ’n macaron ore aansit. Miskien Madeleines. Maar dié verorber ek met ’n koppie koffie of tee. Macarons is twee trappies hoër op die leer in my boek want ek dink [...]

Roosmaryn-focaccia

2022-08-18T12:08:50+02:00Dinsdag, 12 Junie 2018| Bak|

Brood bak is een van die genotvolste dinge wat in ’n kombuis kan gebeur. Afgesien van brood eet natuurlik! Een van die maklikste om saam te slaan is focaccia. Dat iets so plat mens nou soveel plesier kan gee. Koop jy ’n focaccia in ’n winkel moet jy ’n tweede verband uitneem. Ek kan nie verstaan hoekom nie, want die [...]

Andries Pretorius se soetkoekies

2022-08-18T11:44:24+02:00Dinsdag, 13 Februarie 2018| Bak|Tags: |

Dis nie aldag wat mens kans kry om ’n soetkoekie resep wat meer as 200 jaar oud is te maak nie. Laas naweek was sulke tyd. Oor my Saterdagoggend koppie boeretroos op die voorstoep sit en blaai ek deur een van ouma se vele kookboeke wat my kant toe gekom het na ma se dood. Julle ken mos van daai [...]

Super klam olie-sjokoladekoek met 70% kakao sjokolade-botterroom versiersel

2022-08-18T11:44:40+02:00Woensdag, 10 Januarie 2018| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Sjokoladekoek in Januarie… Dis ’n gevaarlike, verkeerde ding ek weet. Want eintlik is Januarie mos spesiaal gereserveer vir gestoomde groente, slaaiblare en vis. Dis nou ná jy hier aan die begin van die maand op die skaal geklim en ’n klein gilletjie onwillekeurig ontsnap het. So ja, hierdie resep vir sjokoladekoek moes eintlik jou kant toe gekom het vóór Kersfees. [...]

Bak jou eie suurdeegbrood – ‘n meestersklas saam met Ciska Rossouw van Loaves on Long

2022-08-18T11:45:22+02:00Dinsdag, 10 Oktober 2017| Bak|

Min dinge maak my so kinderlik opgewonde in die kombuis as broodbak. As ek effe tyd het gryp ek daai winkelgis en maak ’n kannie-flop basiese witbrood. As die tyd druk gryp ek na my Ierse sodabrood resep met niks gis en nog minder knie. Hulle’s lekker ja, hulle’s altwee brood. Maar… hulle’s nie regte, egte brood nie. Nie brood [...]

Franse fyngebak – perfekte Madeleines

2022-08-18T11:47:22+02:00Donderdag, 25 Mei 2017| Bak, Lekkerbek|Tags: |

My stilte die afgelope paar weke is oorverdowend. My gesig is rooi, want mense skryf en vra “hoe dan nou”? My enigste verskoning is dat ek woes besig was – met resep ontwikkeling, kos mooimaak en kiekies neem. ’n Pop moet ongelukkig werk vir ’n lewe. En na al die woekery vat ek die pad Kwa-Zulu toe vir ’n week [...]

Go to Top