Tamatie Kiri-roomkaas crostata
Kiri-roomkaas wys sy veelsydigheid met hierdie mooi oopgesig-groentesouttert (oftewel crostata) met ’n geurige vlaerige basis wat keer dat die tamatie se sappe die vlokkerige kors pap maak. Dis die lieflike Errieda du Toit (Kokkedoor en Koekedoor se kreatiewe meesterbrein) se resep. Sy’t dit ontwikkel vir die mense by Kiri om die feit dat hierdie gewilde Franse kaas nou plaaslik gemaak [...]