Victoria sponskoek vir Koning Charles

2023-05-05T12:37:00+02:00Vrydag, 5 Mei 2023| Bak|

Kyk ek gaan nie jok nie, môre antwoord ek nie my foon nie. Ek gaan te besig wees om tee te drink en Charles en Camilla se kroningsplegtigheid te kyk. Ek het nie juis ’n ding vir of teen ‘royalty’ nie, my gevoelens is neutraal. Maar as dit by prag en praal kom kan absoluut niemand vir die Britte [...]

Camembert, prei en aartappel galette

2022-08-16T15:04:33+02:00Maandag, 28 Februarie 2022| Aandete, Bak|Tags: |

Frans en maklik – dis die galette. Ek’s bietjie verlief of hierdie oopvorm tert met sy eindelose vulsel opsies. Onlangs het ek inspirasie uit die suide van Frankryk geput met ’n Provensaalse tapenade-en-uie galette. Hierdie week mik ek noord en vind my inspirasie in Normandië, tuiste van Camembert-kaas met ’n Camembert, preie en aartappel galette. Bon appétit! Al [...]

Ui-en-tapenade galette

2022-02-25T12:11:37+02:00Donderdag, 10 Februarie 2022| Bak|Tags: |

Galette is seker die maklikste Franse tert wat jy kan maak. Net ’n sirkel deeg met enige vulsel wat jou hart begeer. Hy kan soet wees, met enigiets van appels of vye, tot bessies of pruime. Of hy kan sout wees, soos hierdie knaap. My inspirasie vir hierdie ui-en-tapenade galette is die Provensaalse pissaladiere. Dié het tipies ’n pizza-styl brooddeeg [...]

Appel Botterkoek

2021-10-08T10:27:38+02:00Maandag, 4 Oktober 2021| Bak|Tags: |

Die Kaap het weer vir ons wintertande gewys hierdie afgelope naweek, met droewige, bewolkte koue reënweer. Ek kyk met verlangende oë na die 28 grade van Pretoria op die weervoorspelling en steek maar ’n kaggel aan. En ek hark ’n paar van ouma se ou kookboeke nader op soek na inspirasie. Daar’s sommer ’n hele paar bitter eienaardige resepte [...]

Sjokolade tsoureki vir die Pase

2020-09-30T15:26:01+02:00Woensdag, 8 April 2020| Bak, Lekkerbek|Tags: |

My ouma is die jaar voor die Groot Griep gebore. Sy en haar ma het my as kind die stories van die groot elende vertel. Dit was abstrak. Onwerklik. En die idee dat iets soortgelyks ons ’n honderd jaar later kon tref was ondenkbaar. Ons het tog mos tegnologie. Ons het ’n man op die maan gesit. Daar’s ’n rekenaar [...]

Appelkoos-en-roosmaryn tarte tatin

2022-08-18T12:32:36+02:00Donderdag, 16 Januarie 2020| Bak|Tags: |

As dit by kook kom is daar twee perde in die Franse stal. Die Escoffier-manier: Met 20 stappe en drie dae se gesloeg in die kombuis – fabulous as jy iemand anders kan betaal om dit te doen. En dan’s daar die perd waarop ek my geld elke keer sit, die Franse ouma manier: Met uitstekende bestanddele, bitter min werk [...]

Go to Top