Kortrib Tamatiebredie

2021-06-14T14:16:07+02:00Maandag, 14 Junie 2021| Aandete|Tags: , |

Wat maak ’n tamatiebredie die ware Jakob? Dis alles in die geurmiddels. Kyk, jy kan vleis en tamaties in ’n pot gooi en dit ’n bredie noem. Maar as jy dit tamatiebredie of tamatiekos wil noem het jy kruienaeltjies nodig! En kardamom. En pypkaneel, gemmer en lourier! Soos Dine van Zyl doen in haar tamatiekos resep in haar wonderlike [...]

Balsamiek-appelkoos varknek sosaties

2021-03-10T12:40:44+02:00Woensdag, 10 Maart 2021| Aandete|Tags: , |

Die oggende het ’n besliste byt in die lug. Waar ek ’n maand gelede sesuur die pad kon vat vir my oggend drafstap moet ek nou wag tot 6:30 vir die son om lui-lui kop uit te steek. Die eekhorings maak verwoed neute bymekaar en blajaar uitbundig in my tuin. Blykbaar is my roosbedding net die plek om hulle [...]

Aan tafel: Met Du Toitskloof Chardonnay en my vark-en-vinkel Bolognese

2021-02-11T10:19:04+02:00Donderdag, 11 Februarie 2021| Aandete|Tags: , |

Kyk ek gaan nie jok nie – 2020 was nie my jaar nie. Te veel tyd op die rusbank in jou sweetpakbroek en pantoffels terwyl jy droëbek mor oor die soveelste wynverbod neig half om mens se battery pap te maak. Maar ek’s terug met ’n Nuwejaar huppel in die stap en woes aan’t resep ontwikkel. Spaghetti Bolognese is [...]

Isabella se mossels

2021-01-08T08:55:50+02:00Vrydag, 8 Januarie 2021| Aandete|

Hier net na Kersfees daag die wonderlike Isabella Niehaus by my voordeur op met die ongelooflikste geskenk – twee kilogram vet, swart Weskus mossels wat waarskynlik daai oggend nog aan ’n rots geklou het. Isabella is een van my kos ikone. Haar Langtafels op die Duin by haar praghuis langs die see in Langebaan is legendaries. Dis hier waar [...]

Skaapniertjies in rooiwyn

2022-08-19T23:45:09+02:00Dinsdag, 1 September 2020| Aandete|Tags: , |

Jy gaan of van hierdie resep hou, of dit haat. Want dís hoe dit is met niere en lewer – daar’s nie plek vir draadsitters nie. As kind was skaapniertjies en lewer my dood, en nie op ’n goeie manier nie. Vandag is ek ferm in die hou-van kamp. My gunsteling manier met skaapniere is om hulle ’n leksel olyfolie [...]

Geroosterde skaapblad met rooiwynsous

2022-08-23T21:54:11+02:00Vrydag, 14 Augustus 2020| Aandete|Tags: , |

Dis miskien donkiejare terug, maar dink ek aan Sondagmiddagete by Ouma kan ek steeds die skaapboud ruik en proe. Sy’t hom lank en stadig gerooster en bitter min aan hom gedoen. Miskien bietjie sout gegee. Vandag is my benadering tot enige geroosterde vleis, nes ouma s’n, redelik minimalisties. Want ek glo as die vleis puik is, peuter mens nie te [...]

Go to Top