Sondagaand Spek en Eiers

2022-08-18T12:05:34+02:00Donderdag, 3 Oktober 2013| Aandete|Tags: , |

Ek verstaan nie mense wat elke liewe dag met ’n huppel en ’n lied in die hart groet nie. Ek beny hulle. Maar ek verstaan hulle nie. Kyk, Maandag is nie my gunsteling dag nie. Die blote gedagte dat hy voorlê maak my sommer grommerig – gewoonlik so hier van vieruur af op ’n Sondagmiddag. Hierdie Maandag-storie van my het [...]

skaapboud op die braai

2022-08-18T12:06:17+02:00Donderdag, 19 September 2013| Aandete|Tags: , |

Kyk, ek’s so mal soos die res van die land oor boerewors op ’n braai. En ’n sappige lamtjop, waarvan die vet só op die kole drup dat mens mekaar beswaarlik deur al die rook kan sien, maak my knieë lam. Maar Nasionale Braaidag is ’n okkasie. Om wors en ’n tjop op die kole te gooi op dié dag [...]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

2022-08-18T12:06:36+02:00Vrydag, 6 September 2013| Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar gerooster [...]

rooi-fluweel pastasous

2022-08-18T12:06:43+02:00Vrydag, 30 Augustus 2013| Aandete|Tags: , |

Daar’s min kos wat vir my seksier is as pasta. Moontlik omdat die prentjie van ’n jeugdige Sophia Loren, met ‘n bord spaghetti teen haar pragbates vasgeklem, my vir altyd sal bybly. Ek dink dit was in die Rooi Rose. Nogal wulps vir daai dae, seker dié dat dit so ’n indruk gemaak het. Pasta verdrink onder ’n ton sous [...]

kortrib en rooiwyn bredie

2022-08-18T12:06:52+02:00Vrydag, 23 Augustus 2013| Aandete|Tags: , , |

Kyk, ek is lief vir bees, sommer die hele dier. Maar daar is ’n paar dele wat my tone laat krul van die lekker. Beesstert is een. Die ander een is kortrib (shortrib). Hierdie is nie ’n by-die-huis-sesuur, eet-halfsewe nommer nie. Soos beesstert, het hy ’n paar ure in die oond nodig. Ek maak hom op lui Saterdagmiddae as die [...]

Go to Top