Rokerige bone

2022-08-18T12:12:53+02:00Vrydag, 24 Januarie 2014| Aandete|Tags: , , |

Partykeer gee die lewe mens ’n klap of twee. Dissie lekker nie, maar dis onvermydelik. Met sulke tye soek ek trooskos. Ek sluit die voordeur agter my toe, trek my verflenterde sweetpakbroek aan en vaar die kombuis in. Bone op roosterbrood is ’n gunsteling as ek bietjie broos voel. Maar nie daai lelike tamatiegemors wat jy in ’n blik koop [...]

Gourmet krieket-worsrol

2022-08-18T12:11:18+02:00Donderdag, 26 Desember 2013| Aandete|Tags: |

Ek’s nou al vir ’n hele ruk lank in sak en as – basies vandat ek uitgevind het dat ek nie op 2 Januarie my spierwit spookvelletjie rooi gaan brand nie. Sien, dís die dag wat die tradisionele Nuwejaars-krieketwedstryd by Nuweland gewoonlik begin. Kapenaars ruk in hulle duisende op, met hulle Colemans, twee-liter Cokes en klein sakkies verbode harde hout, [...]

Kaas-en-spek soufflé

2022-08-18T12:04:45+02:00Donderdag, 5 Desember 2013| Aandete|Tags: , , |

Soufflé is ’n vloekwoord. Ek’t ’n bietjie rondgevra onder my vriende en almal’s dit eens – hulle’s so bang vir soufflé maak as vir ’n oudit deur Jan Taks. Amper so bang as vir ’n nag in ’n sel saam met ’n spul brekers met behoorlike ‘tattoos’ en onbehoorlike bedoelings. Ek was nog nooit in die tronk nie, maar [...]

Pappardelle met lam en suurlemoen

2022-08-18T12:05:01+02:00Vrydag, 22 November 2013| Aandete|Tags: , , , |

Ek’s een van daai mense wat vreeslik ‘surf’ as ek voor ’n TV sit. Om twee kanale tegelyk te kyk, is vir my niks vreemds nie. Ek’s seker dis ’n uiters irriterende gewoonte. Gelukkig gee Merlot nie om nie. Solank sy op my skoot kan sit, kan ek maar lustig knoppies druk. Met dié rondspring, kom ek onlangs af [...]

Dauphinoise aartappels

2022-08-18T12:05:09+02:00Vrydag, 15 November 2013| Aandete|Tags: |

Om ouer te word is wonderlik. Dis wat ek myself vertel sodat ek nie te veel tyd spandeer aan wroeg oor hoe dinge begin sak, uitsit en plooi nie. Ek’s verlig om te kan bevestig dat dit waar is – soos die jare aanstap, gee mens rêrig minder om wat ander dink. Winkels toe gaan sonder grimering? As jy [...]

Boerewors-pasta

2022-08-19T10:10:27+02:00Donderdag, 10 Oktober 2013| Aandete|Tags: , , |

So af en toe is ek gelukkig genoeg om hier kort voor vyf die middag my rekenaar te kan afskakel en die pad te vat vir ’n wandeling met my denkbeeldige hond. (Merlot sal nie ’n regte een duld nie, verstaan.) As ek so stap, trek heelwat goed my aandag. My buurvrou se pronkertjies steek kop uit. Die mense skuins [...]

Go to Top