Lensie-bobotie met spekboom-sambal
Ek was onlangs bevoorreg genoeg om die bekendstelling van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se nuutse boek propvol vegan geregte, Skepselkos/Earthling Food, by te woon. Hulle vorige plantgebaseerde kookboek, Daar’s ’n Vegan op my Verandah, was uitsonderlik – sommer propvol inspirasie vir eet op ’n nuwe manier. So briljant was dit dat hulle die Gourmand World Cookbook Awards [...]