Lensie-bobotie met spekboom-sambal

2024-12-12T07:36:46+02:00Donderdag, 12 Desember 2024| Aandete|Tags: |

Ek was onlangs bevoorreg genoeg om die bekendstelling van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se nuutse boek propvol vegan geregte, Skepselkos/Earthling Food, by te woon. Hulle vorige plantgebaseerde kookboek, Daar’s ’n Vegan op my Verandah, was uitsonderlik – sommer propvol inspirasie vir eet op ’n nuwe manier. So briljant was dit dat hulle die Gourmand World Cookbook Awards [...]

‘n kraakvars hoenderslaai

2024-11-22T12:13:55+02:00Vrydag, 22 November 2024| Slaai|Tags: , |

Somer in Kaapstad is altyd so ’n maand agter die res van die land, maar uiteindelik is die dame hier en kan ek die donskombers wegpak. Die seisoene beïnvloed definitief hoe ek eet. In Julie as die hemele hier oopmaak hang my tong uit vir bredie. Nou soek ek lig, gesond en kraakvars – ek soek slaai. Maar nie [...]

Winter-groente gebak

2023-08-02T15:13:06+02:00Woensdag, 2 Augustus 2023| Ongekategoriseer|Tags: |

Ons het dit amper gedoen – nog net ’n maand van bibber en dan’s winter in sy Moses. 2023 was die natste en koudste hier in Kaapstad in donkiejare. Afgesien van slaap met sokkies (ja ek weet dis nie seksie nie) het ek oorleef deur my te vergryp aan warm winterkos wat die beste bestanddele van die seisoen vier. [...]

Victoria sponskoek vir Koning Charles

2023-05-05T12:37:00+02:00Vrydag, 5 Mei 2023| Bak|

Kyk ek gaan nie jok nie, môre antwoord ek nie my foon nie. Ek gaan te besig wees om tee te drink en Charles en Camilla se kroningsplegtigheid te kyk. Ek het nie juis ’n ding vir of teen ‘royalty’ nie, my gevoelens is neutraal. Maar as dit by prag en praal kom kan absoluut niemand vir die Britte [...]

Tamatiebredie. Boerekos hemel.

2023-02-23T10:08:47+02:00Donderdag, 23 Februarie 2023| Aandete|Tags: , , |

Maandag maak die hemele oop hier in die Kaap, die eerste reën vir maande. Skoon uitbundig maak ek ’n koppie rooibos en gaan staan op die voorstoep om die natte wonderlikheid te betrag. Dis vroeg vir die eerste reën hier in die Kaap maar ons is bitter dankbaar. Langer nagte, kraakvars oggende, laatmiddag lig soos borrelende vonkelwyn… al die lekkerte [...]

Haskell Vineyards vier 20 jaar

2022-11-16T10:53:45+02:00Woensdag, 16 November 2022| Wynproe|

Die Annandale pad naby Stellenbosch kronkel rustig verby verskeie wynplase. Daar’s vele verleidings langs die pad en jy kan gewis by hulle almal inloer. Maar moenie te lank talm nie, ry vir Annandale tot daar waar hy doodloop want aan sy einde wag daar ’n juweel van die Boland – Haskell wynlandgoed. Ek het hulle onlangs saam met ander [...]

Go to Top