Lensie-bobotie met spekboom-sambal
Ek was onlangs bevoorreg genoeg om die bekendstelling van Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se nuutse boek propvol vegan geregte, Skepselkos/Earthling Food, by te woon. Hulle vorige plantgebaseerde kookboek, Daar’s ’n Vegan op my Verandah, was uitsonderlik – sommer propvol inspirasie vir eet op ’n nuwe manier. So briljant was dit dat hulle die Gourmand World Cookbook […]
‘n kraakvars hoenderslaai
Somer in Kaapstad is altyd so ’n maand agter die res van die land, maar uiteindelik is die dame hier en kan ek die donskombers wegpak. Die seisoene beïnvloed definitief hoe ek eet. In Julie as die hemele hier oopmaak hang my tong uit vir bredie. Nou soek ek lig, gesond en kraakvars – ek soek slaai. Maar nie sommer […]
Victoria sponskoek vir Koning Charles
Kyk ek gaan nie jok nie, môre antwoord ek nie my foon nie. Ek gaan te besig wees om tee te drink en Charles en Camilla se kroningsplegtigheid te kyk. Ek het nie juis ’n ding vir of teen ‘royalty’ nie, my gevoelens is neutraal. Maar as dit by prag en praal kom kan absoluut niemand vir die Britte ore […]
Tamatiebredie. Boerekos hemel.
Maandag maak die hemele oop hier in die Kaap, die eerste reën vir maande. Skoon uitbundig maak ek ’n koppie rooibos en gaan staan op die voorstoep om die natte wonderlikheid te betrag. Dis vroeg vir die eerste reën hier in die Kaap maar ons is bitter dankbaar. Langer nagte, kraakvars oggende, laatmiddag lig soos borrelende vonkelwyn… al die lekkerte […]
Whisky toffie-appel wafels
Wat’s beter as ’n wafel? ’n Whisky toffie-appel wafel natuurlik! Ek speel bietjie met soetgoed die laaste ruk want Marcel’s, Suid-Afrika se gewilde bevrore jogurt mense, het vir my van hulle produkte gestuur om te probeer. Ek’s altyd ’n bok vir enigiets vanielje, maar mens stry nie met die meerderheid nie. Hulle Engelse Toffie bevrore jogurt […]
Oranje soetpatat en wortelsop
Kyk ek gaan nie jok nie – winter is nie my gunsteling seisoen nie. Weke van bewolkte Kaapse weer en reën maak my skoon beduiweld en dinge soos pasta, brood en enigiets vetterig raak onweerstaanbaar. Aan die einde van drie maande se vraatsigheid pas die skinny jeans nie meer nie en as ek my kop verkeerd draai lyk dit of […]